skip to Main Content
Picture Perfect: Wat Jy Moet Weet!

The little things? The little moments? They aren’t so little. – John Zabat-Zinn

Op die einde van die dag is jou troufoto’s al wat oorbly van jou troudag. Om te verseker dat jou troufoto’s seepglad verloop, het BELLA met Landi Groenewald van Organictales gesels. Sy deel haar kennis oor foto’s, troues en beplanning met ons.

Foto: Verskaf deur Organictales

1. Hoe pas ’n Moroccan kleurskema in by trou foto’s?

’n Marokkaanse kleurskema is enige fotograaf se droom! Die mosaïekpatrone en helder kleure skep die geleentheid vir kreatiewe komposisie. Die helder kleure van poeiers en speserye kan goed vasgevang word op kamera en verseker dat al die sintuie van die kyker geprikkel word. Dit beloof om gaste weg te voer na ’n onvergeetlike trou-ervaring en is heeltemal anders as die tradisionele wit onthaal.

2. Wat moet die bruidspaar ingedagte hou vir hul couple shoot?

Lig en tyd speel ’n baie belangrike rol in die kwaliteit en gevoel van foto’s. Warm, romantiese kleure word gewoonlik tydens sonsondergang vasgevang. Onthou dat jou fotograaf daar is om jou mooiste oomblikke vas te vang. Geniet die oomblik en ontspan. ’n Goeie fotograaf sal weet hoe om julle gemaklik te laat voel en natuurlike foto’s te neem. Bruide kan gerus ’n paar plat skoene saam neem. Die mooiste plekke vir foto’s is soms ’n entjie se loop.

Foto: Verskaf deur Organictales

3. Hoeveel tyd moet bruide inreken vir foto’s?

Fotograwe verstaan dat jy nie jou gaste te lank wil los nie, maar dis ’n goeie idee om minstens een uur opsy te sit vir die couple shoot. Oorweeg dit om jou gaste besig te hou met ’n jazz orkes, komediant of selfs grasperkspeletjies. Hierdie een uur is gewoonlik ook die enigste tyd wat die couple alleen kan wees so dit is definitief die moeite werd.

4. Wat moet die bruidspaar vooraf met hul fotograaf bespreek?

Dis ’n goeie idee om jou fotograaf voor die troue in te lig van die familie dinamika. Sê vir jou fotograaf as daar enige geskeide, afwesige of oorlede ouers is sodat hulle nie ’n flater begaan tydens die familiefoto’s nie. Met ’n groot familie is dit soms ’n goeie idee om voor die seremonie al van die familiefoto’s te neem. Dit is baie belangrik om jou hele trouprogram met jou fotograaf te deel. Die presiese tyd en plek van al die verwikkelinge is baie belangrik. Stel ook jou MC en fotograaf aan mekaar voor sodat jou fotograaf ’n go-to-person kan hê op die dag

Foto: Verskaf deur Organictales

Back To Top
%d bloggers like this: