skip to Main Content
Magic Music

Music is the strongest form of magic – Marilyn Manson

Couples wat ’n troue beplan kan vinnig opgevang raak in reëlings soos die trourok, dekor en fotograwe. Tog, onthou gaste baie keer niks daarvan nie. As jou troue lekker kos en lekkerder musiek het, kan jy sommer weet dat mense dit sal onthou. Moenie jou DJ los vir laaste nie. #LiefsteBELLA praat met Creative Kilowatt oor musiek vir die groot dag.

1. Waaraan moet couples dink voor hul ’n DJ kies vir die groot dag?

Musiek kan ’n troue maak of breek. As jy aan die einde van die aand vir gaste vra wat hulle die meeste onthou, sal dit óf die musiek óf die vermaak wees. Maak seker dat jy voorsiening maak vir musiek/vermaak in jou begroting en moenie hier probeer sny nie. Indien jou begroting knap is kan jy eerder op die tierlantyntjies sny.

2. Wat vergeet baie couples om aan te dink in terme van klank en musiek?

Baie couples vergeet om te vra oor musiek voor die seremonie. Stilte is ’n troue se grootste vyand. Vra jou DJ om seker te maak dat daar stemmige agtergrondmusiek in die kapel speel voor die seremonie begin. Onthou ook om musiek of vermaak te beplan tydens cocktail hour of pre-drinks. Baie venues en DJ’s werk net tot ’n sekere tyd in die aand. Vra altyd jou venue en DJ of julle oortyd mag kuier asook die ektra kostes verbonde indien dit so gebeur. As al
jou gaste steeds lekker dans teen middernag sal dit jammer wees om die geselligheid te moet kortknip.

Foto: Shutterstock

3. Hoe belangrik is ’n goeie en professionele DJ by ’n troue?

Elke Jan Rap en sy maat wat ’n laptop het dink deesdae hy is ’n DJ. Dit is alles behalwe waar. Elektroniese toerusting kan maklik wanfunksioneer en ’n professionele DJ sal kwaliteit toerusting gebruik wat dit vermy. Hy/sy sal ook weet wat om te doen indien daar iets fout gaan. ’n Professionele DJ sal ’n wye musiek kennis en keuses hê en hy sal die gaste en troue se atmosfeer kan lees en daarvolgens die regte musiek kan speel.

4. Enige raad vir couples wat binnekort gaan trou?

Vra jou venue vir aanbeveelings oor DJ’s. Venues werk elke week met verskaffers en sal goeie advies kan gee. Die venue behoort ook vir jou DJ’s voor te stel wat die venue en die klankopset goed sal ken. Gee vir jou DJ ’n lys van watter musiek jy van hou én waarvan jy nie hou nie, dis amper belangriker. Probeer ook om jou troue se tema met die musiek te koppel. As jy ’n tuin of bostroue hou, sal akoestiese musiek mooi werk. Geniet die beplanning van jou troue en wees deel van die musiekkeuses, dit is immers jou groot dag.

Back To Top
%d bloggers like this: