skip to Main Content
Maak Jou 1ste Anniversary Só Spesiaal

#BELLA wil jou graag help om jou 1ste anniversary so spesiaal as moontlik te maak. 

Alhoewel baie paartjies deesdae kies om persoonlike geskenke te gee op hul huweliksherdenking, is dit steeds goed om te weet wat die tradisionele en moderne riglyn vir anniversary gifting is.

Troues is ’n baie spesiale geleentheid in ’n paartjie se lewe. Só word die huweliksherdenking dan ook ’n spesiale instelling tussen twee mense. Dit vier die vreugde wat twee mense in mekaar se teenwoordigheid vind, ten spyte van die beproewinge wat die huwelik soms bied.

Tradisionele riglyne beveel aan dat jaar 1 se geskenk papier moet wees. Die rede hiervoor is dat jong getroudes gewoonlik nie na die eerste jaar enigiets meer kon bekostig nie. Dit is veronderstel om die die nuutheid van die huwelik te simboliseer.

As jy bietjie in die knyp is finansieel, is papier geskenke iets wat nie ’n plaas se prys hoef te kos nie. ’n Goeie boek, persoonlike vouchers of ’n geraamde troufoto is alles papier geskenke. Kreatiewe paartjies het selfs al gekies om papier-vliegtuig-cufflinks of papier-vliegtuig-hangertjies van goud aan hul beterhelfte te gee. Speel rond met die idee en maak dit eie aan julle.

As die tradisionle geskenke nie vir jou is nie, kan jy altyd kies om die moderne riglyn te volg. Vir meer moderne paartjies is die eerste jaar se geskenk horlosies. Hiermee kan jy gerus uithaal en wys. Moenie bang wees om extravagant te wees as jou bankbalans dit toelaat nie. Hierdie geskenk kan maklik gegee, of ontvang word.’n Mooi of persoonlike inskripsie op die agterkant kan dié geskenk ekstra waardevol en sentimenteel maak.

Die eerste jaar se geskenk is uiters spesiaal en baie sentimenteel. Spandeer gerus ’n bietjie tyd en ekstra moeite daaraan.

Back To Top
%d bloggers like this: