skip to Main Content
Maak Die Grootte Van Jou Troue Regtig Saak?

Klein en intiem of groot en spectacular: Hoe groot moet jou troue eintlik wees?

’n Nuwe tendens wat kop uitsteek in die trou-industrie is klein en intieme troues wat baie fokus op detail. Daarteenoor is daar steeds baie bruide wat kies glo: Hoe groter, hoe beter.

Baie mense is onder die indruk dat die grootte van jou troue direk verband hou met die grootte van jou budget. Maar bekendes soos Kristen Bell & Dax Shepard, Jennifer Lopez & Marc Anthony en Jay Z & Beyoncé het gekies om baie min mense te nooi na hulle huweliksbevestigings. Klein en intiem hoef nie noodwendig arm en boring te wees nie. Hoekom nie jou 10 of 12 gaste na ’n eksotiese bestemming neem vir ’n naweek en dáár trou nie? Onthou ook dat kleiner troues dalk kan veroorsaak dat jy mense ontstel omdat jy hulle nie genooi het nie, maar jou gastelys sal vinnig afgehandel wees. Alhoewel klein troues intiem en spesiaal is, sal jy dalk nie die partytjie-gevoel kan skep soos by ’n groot troue nie.

Terselfdertyd, kan ’n mens glad nie die groot en spectacular troue afskryf nie. Daar is min dinge so mooi soos ’n saal vol mense of ’n propvol dansvloer. As jy kies om 200 of 300 mense te nooi na jou troue, kan jy verseker wees dat dit ’n lekker troue gaan wees. Onthou dat dit jou dalk ’n paar rand meer uit die sak sal jaag en dat die beplanning ietwat meer sal wees. Jy hoef ook nie te veel tyd af te staan om die gstelys op te stel nie, want jy kan so te sê almal nooi wat jy ken.

Baie groot troues kan egter vinnig onpersoonlik raak, so wees versigtig dat dit nie ’n skou raak nie.

Back To Top
%d bloggers like this: