skip to Main Content

Op pad na die geheime, asemsnak, gevaarlike “venue” waar BELLA die boho-Sahara-sjiek styled shoot behartig. Pampas flokkies dans op die swart paneelbord, in die laatmiddagson. 

Foto: Nielette Smith

Ons wil graag winterbruide inspireer om nie te skroom om onkonvensionele idees op hul troudag te inkorporeer nie. Hier is ’n paar dekorwenke vir ’n Boheemse bruilof:

  • Gebruik gedroogde plante en blare as die fondasie – gaan loop in ’n veld en laat moederaarde jou inspireer met haar skoonheid. Ons het gedroogde suikerbossies, wildedagga plante, boombas en pampasgras gebruik vir die shoot. Wenk: ’n paar sproeie haarsproei help om die pampas bymekaar te hou.
  • Speel sagte wit- en roomkleurige vars blomme af teen die growwe droë-blaar-fondasie om sagtheid voor te stel. Gebruik vars blomme met verskeie teksture van sagte roomkleurige rose tot plastiekagtige anthuriums tot tropiese orgidee. Kontras is hier baie belangrik.
  • Dek jou tafels klassiek met klein organiese verrassinkies. ’n Keramiekstaander wat pampas uitskiet na bo. Eetgerei wat soos ’n takkie lyk gee daai spesiale details aan jou dekor. Herhaal die kontraselemente deur ’n swart materiaalnet te gebruik as jou loper en tekstuur te gee met stukke boombas as ’n loper.
  • Hoe meer teksture, hoe beter! Hoe natuurliker, hoe beter! Laag op laag materiale wat vloei in die wind gee die gevoel van vryheid. Dit beklemtoon tog die boho styl waarna jy verlang.

Foto: Nielette Smith

Die hele boho-look is immers ’n vrye teuels tema – jy kan jou en jou partner se eie spin hierop sit. Elemente wat vir julle belangrik is inbring as deel van die magic! Ons hoop die styled shoot laat julle koppe aan die dink gaan oor die eindelose moontlikhede.

Foto: Nielette Smith

Beplan jy dalk ’n Boheemse bruilof? Tag ons gerus in jou foto’s. 

Foto: Nielette Smith

Krediet vir die styled shoot:

Foto’s: Nielette Smith van Nielette Smith Photography

Grimering en hare: Veronique Stofberg van Elizabeth Rae

Rokke (Anja en Michelle): Michelle De Jager van The Port Fashion Collection

Dekor en stilering: Katoenknop

Oorbelle: Lovisa

Trouringe: Rings & Things

Modelle:

Strooimeisie – Michelle de Jager

Bruid – Anja Labuschagne

Bruidegom – Gerhard Kruger

 

Back To Top
%d bloggers like this: