skip to Main Content
Hoe Om Jou Troue ‘n Fees Te Maak!

A little nonsense now and then, is relished by the wisest men. – Roald Dahl

Sirkusmalligheid is nie noodwendig iets wat mens assosieer met ’n moderne troue nie. Tog, kan die twee kontrasterende byeenkomste mekaar baie mooi komplimenteer. Met dit bedoel #LiefsteBELLA nie dat jy olifante en leeus hoef los te laat by die onthaal nie. Hoekom nie ’n karnaval tema deel maak van die feesvieringe nie? Dink kosstalletjies, vreemde vermaak en ’n tikkie fairy dust. Geen karnaval of sirkustema is volmaak as dit nie ten minste ’n klein bietjie whimsical is nie.

Jou troue se vermaak hoef nie noodwendig jou boetie se vriend se hoërskool band te wees nie. Kry ’n juggler of ’n vuurblaser om jou gaste te entertain terwyl julle foto’s neem. ’n Paar akrobate wat toertjies op die gras doen of iemand wat ’n snaakse instrument speel is vreemd genoeg om almal se aandag te trek.

Foto’s: Shutterstock

In plaas van ’n groot driegangmaaltyd kan jy karnaval stalletjies gebruik om jou gaste versadig te kry. Verskillende ‘stasies’ met verskillende kosse kan jou troue se spyskaart opkikker en jou gaste vir ure besig hou. Moet ook nie gaan vir die tradisonele troukosse nie. Gebruik maklike, vullende disse soos sosaties, worsbroodjies, popcorn en spookasem.

Photo booths is deesdae ’n oulike tydverdryf by troues, maar vir ’n sirkustema kan ’n kissing booth soveel meer pret wees. Gebruik die single bridesmaids en groomsmen om honeymoon geld in te samel by jou troue se eie kissing booth. Hou dit alles bo die belt en klassiek deur die prys vir ’n soen die moeite werd te maak.

Back To Top
%d bloggers like this: