skip to Main Content
Getroud Vir Een Jaar, Wat Nou?

Baie van ons #BELLAbruide is nou al min of meer ’n jaar lank getroud of baie naby aan ’n een jaar huweliksherdenking. Dit verander jou van ’n #BELLAbruid na ’n #BELLAvrou.

Jou troudag is verby, die honeymoon voel soos eeue gelede en niemand noem jou meer ’n newlywed nie. Nou is jy net getroud, elke dag, vir die res van jou lewe. Dis maklik om te voel asof dit alles nou ’n antiklimaks is. Vir party sal dit voel asof die jaar gevlieg het en vir ander sal dit voel asof jy wil hê jou man moes gaan vlieg.

Vir party is daar dalk al die opwinding van ’n nuwe baba, en vir ander kan dit voel asof jy content is met julle dag tot dag bestaan. Doen ’n bietjie stock take na die eerste jaar. Staan ’n entjie terug en kyk na die groter prentjie. Julle het dit gemaak! Selfs nadat almal gesê het die eerste jaar is die moeilikste.

Foto: Shutterstock

Waardeer die klein dinge wat jy teen die tyd al vanselfsprekend neem. Julle het dalk al ’n hele paar tradisies wat tradisies geword het sonder dat jy dit besef. Maak hy elke oggend vir jou koffie? Eet julle elke Sondag dieselfde kos? Kyk julle elke aand Grey’s Anatomy saam? Dít is alles die dinge wat jou huwelik eie maak aan jou. Dít is die dinge wat jy gaan onthou wanneer jou kinders jou mal maak en jy smag na bietjie normaliteit. Settle in. Jy’s in hierdie ding vir die langtermyn.

Raak gewoond aan die normaliteit van saam wees en getroud wees. Eendag is eendag en dinge verander vinnig. Jou eerste jaar van getroud wees was dalk nie elke dag Instagram worthy nie, maar dis definitief spesiaal en jy sal dit nooit weer kan terug kry nie.

Back To Top
%d bloggers like this: