skip to Main Content
Fotoraaf Vir Jou Wegbreektroue

The road less travelled is the road to adventure. – Unknown

Vir die afgelope sewe jaar was fotografie die middelpunt van Jenni Elizabeth se lewe. Sy is ’n neat freak en ’n hopeless romantic wat alombekend is vir die stunning troufoto’s wat sy in en om Suid-Afrika neem. Sy is gebasseer in Kaapstad, maar noem die hele wêreld haar werksplek. Sy het al al troues in Griekeland, Italië, Thailand en New York afgeneem. Sy deel haar raad met al #BELLA se avontuurlustige bruide.

Foto: Jenni Elizabeth

1. Wat is jou raad aan bruide wat ’n wegbreek troue of elopement oorweeg?

’n Webreek troue kan ’n baie spesiale ervaring wees. Probeer om jou gastelys so beperk as moontlik te hou en doen deeglike navorsing oor alles – dit sal help om jou stresvlakke te verlaag. Ek sal ook aanbeveel dat bruide ’n local wedding planner aanstel wat die dorp of omgewing baie goed ken.

Gaste wat nog nie na daardie stad of land gereis het nie gaan baie vrae hê en ’n trou-webtuiste is ’n slim manier om al die inligting op een plek beskikaar te hê. Gaste kan enige tyd terugverwys na die webtuiste om inligting te kry oor visa vereistes, daguitstappies, verblyf-idees, restaurante, "must-knows" van die area en kostes verbonde.

2. Wat moet bruide ingedagte hou in verband met hul fotograaf en foto’s indien hulle wil elope?

As jy beplan om te elope in Europa is dit soms goedkoper om ’n fotograaf van Suid-Afrika oor te vlieg eerder as om daar een te kry. Meeste fotograwe sal dié geleentheid met albei hande aangryp. Gesels met jou fotograaf oor jou budget en werk saam ’n pakket uit. Met ’n elopement sal hy/sy heel moontlik minder ure nodig hê en dus ’n kleiner pakket kan aanbied. Maak ook seker dat al jou fotograaf se reis- en veblyfkostes voor die tyd bespreek word.

Foto: Jenni Elizabeth

3. Het jy enige raad vir avontuurlustige bruide?

Ja, doen wat jou hart begeer! Daar is geen reëls nie. As jou gaste genoeg kos, drank en lekker musiek het, kan jy enigiets met hulle regkry.

 

Back To Top
%d bloggers like this: