skip to Main Content
Drie Dinge Wat Jou Kan Voorberei Vir Die Huwelik

Die verskil tussen jou troudag en jou huwelik is dat as iets verkeerd loop op die troudag is dit net jy wat gaan weet en dis heel moontlik iets wat vinnig reggestel kan word.

Indien iets skeef loop in jou huwelik, is die nagevolge soveel groter. Eers was julle net ’n couple, toe verloofdes en dalk baie amper getroudes. Vir die troue is daar ’n hele reeks boeke, apps en Pinterest posts om jou voor te berei vir die spesiale dag. Maar dis presies wat dit is. Net een dag. Dit wat volg verg eintlik soveel meer voorbereiding.

Tussen rokpassings, proeftafels, koek proe en bridesmaids kies is dit dalk ’n goeie idee om nou en dan bietjie voorbereiding te doen vir die huwelik ook.

Lees: Maak jou 1ste anniversary só spesiaal

1. Gaan vir premarital counselling of huweliksvoorbereiding

Baie kerke en plaaslike organisasies bied hierdie programme of soortgelyke programme aan. Dit gee vir jou en jou aanstaande die kans om julle kommunikasievaardighede te oefen en in plek te stel vir die huwelik. Jy sal tien teen een baie leer van jouself én van jou aanstaande. Die programme sal gewoonlik ’n hele reeks belangrike aspekte dek. Indien julle nie tussen vreemdelinge wil verkeer nie is die alternatief ’n goeie mentor couple. Kry ’n objektiewe paartjie na wie julle albei opkyk en maak seker dat julle die vrymoedigheid het om met hulle te kan praat as daar dalk issues is.

Foto: Shutterstock

2. Praat oor die belangrike dinge

Julle is dalk nou verlief en verlore, maar maak seker dat julle ook belangrike issues aanspreek. Moenie bang wees om clingy te klink nie. Julle is in hierdie ding vir altyd. Jy het die reg om seker te maak dat julle albei op dieselfde bladsy is. Praat oor kinders. Wil jul albei kinders hê, en indien wel, wanneer? Wie gaan die finansies hanteer en is die dinge soos die mediese fonds, polisse en testamente in plek? Praat oor godsdiens, skoonfamilies en non-negotiables.

Lees: Getroud vir een jaar, wat nou?

3. Begin dink aan ‘ons’ en nie ‘ek’ nie

Vir party couples klink dit eenvoudig, maar dis ’n groot kopskuif om te maak. Dit gaan dalk nog op die troue alles gaan oor jou, maar daarna verander die ‘ek’ na ‘ons’. Hy het dalk hard gewerk om jou hart te wen, maar na die troue is dit ’n done deal. Dit beteken nie dat hy jou nou maar sleg kan hanteer nie, maar eerder dat jy as ’n vrou ook nou ’n paar dinge gaan moet doen. Leer om nou en dan vir jou man kos te maak, skoon te maak en selfs nou en dan te bederf.

Back To Top
%d bloggers like this: