skip to Main Content
Die 4 “moenie’s” Van Elopement

All you need is love and a passport – Unknown

Is daar enigiets meer romanties as om op ’n vliegtuig te klim, na ’n eksotiese bestemming te reis en dan dáár trou te beloof? Hetsy jy kostes wil knip of net eenvoudig ’n adventurous bride is, hier volg #BELLA se 4 “moenie’s” van
elopement.

1. Moenie verras wees deur vriende en familie se reaksies nie

Die kans is groot dat baie van julle familie en vriende nie juis op en af gaan spring van opgewondenheid nie. Mense gaan heel moontlik teleurgesteld wees omdat hulle nie die dag saam met julle sal kan deel nie. Maak almal deel van die beplanning en stuur idees en foto’s aan van wat julle beplan.

2. Moenie die dag afmaak as onbelangrik nie

Hetsy julle besluit om te elope óf besluit op ’n groot en glamorous troue, dit bly steeds jou troue. Moenie die dag minder spesiaal maak as wat dit is nie en spandeer steeds tyd aan die beplanning en uiteensetting van die dag. Dis baie belangrik dat julle ook ’n fotograaf en/of videograaf reël vir die dag. Dit maak nie saak hoe ver of klein die troue is nie, dit is iets wat julle definitief gaan wil vasvang op kamera. Kry ook iets fabulous om te dra. Elopement beteken nie dat ’n wit bikini voldoende is nie!

Foto: Shutterstock

3. Moenie verwag dat elopement verniet is nie

Een van die grootste redes hoekoem couples besluit om te elope, is omdat dit soveel goedkoper is as ’n normale troue- en dit is, maar dis definitief nie verniet nie. Dis vanselfsprekend dat julle vliegkaartjies en verblyf gaan moet betaal, maar moenie vergeet van die ander versteekte kostes nie. Julle gaan die fotograaf, organiseerder en
officiant moet betaal. Indien julle besluit om daarna ’n klein onthaal of spesiale ete te hou gaan dít julle ook ’n paar rand kos.

4. Moenie vergeet van die wetlike aspekte nie

Elopement is nie so maklik soos klim op ’n vliegtuig Thailand toe en trou nie. Baie mense vergeet om te dink aan die wetlike aspekte van elopement. Dit raak veral ingewikkeld as julle in ’n ander land wil trou. Maak seker dat jou troue nie net wettig gaan wees in die land wat jy trou nie, maar ook in Suid-Afrika. Dink ook daaraan dat julle bewys van identiteit en adres moet saamneem en dat julle iewers langs die pad ’n getuienis moet kry. Dis dalk slimmer om die wetlike proses in Suid-Afrika af te handel en slegs die seremonie op ’n oorsese strand te hou.

Back To Top
%d bloggers like this: