skip to Main Content
Die 1,2,3 Van ’n Kombuistee

Beplan jy in die nabye toekoms dalk ’n kitchen tea vir ’n bride-to-be? #BELLA help jou graag.

Wat is ’n kitchen tea of kombuistee?

Alhoewel die tema en styl van elke kombuistee verskil, kan dit steeds só opgesom word: ’n Byeenkoms slegs vir vrouens, wat voor die troue plaasvind met die idee om die komende huwelik te vier. Gaste word gevra om geskenke te bring wat die nuwe bruidjie help om huis op te sit.

Wie reël en betaal daarvoor?

’n Kitchentea word gewoonlik deur die bruidsmeisies, ma en skoonma van die bruid gereël. Die kostes kan gelyk verdeel word tussen almal wat help beplan, of dit kan deur die ma en/of skoonma gedek word. ’n Kitchen tea hoef jou nie duisende rande te kos nie en as jy bietjie in die knyp is, kan gaste gevra word om ’n ‘ingansfooi’ te betaal wat van die kostes sal dek.

Foto: Shutterstock

Wie word genooi?

Die bruid hoef glad nie verplig te voel om al die vroulike trougaste na die kitchentea te nooi nie. Die kitchen tea se gastelys kan beperk word tot nabye familie en vriende van haar en haar aanstaande. Dis ’n goeie idee om die bruid te vra om die gastelys self op te stel in plaas daarvan dat die organiseerders dit doen.

Wat gebeur by die kitchen tea?

Die algemene riglyn is baie eenvoudig: Kos, drinkgoed, games en geskenke. Maak seker dat daar iets is om aan te peusel, maar onthou dat jy nie ’n driegang maaltyd hoef te bedien nie. Water, sap, koffie en tee is gewoonlik voldoende drinkgoed.

Speletjies is ’n oulike manier om die ys te breek, maar wees versigtig dat dit nie die dag oorneem nie. Gaste wil gewoonlik bietjie rustigheid ook hê om net te kan kuier en gesels. Die bruid hoef ook nie elke liewe geskenk oop te maak nie. Dit vat baie tyd en dis gewoonlik ook iets wat die bruid en bruidegom saam wil doen.

Daar is geen reg of verkeerd met ’n kitchen tea nie. Dit bly steeds ’n voorreg en nie ’n reg nie. Maak seker dat julle die bruid se insette vooraf kry, maar moenie verplig voel om aan alle spesifikasies te voldoen nie. Dis ook ’n goeie idee om nie te veel mense betrokke te maak by die reëlings nie. Too many cooks spoil the broth!

Back To Top
%d bloggers like this: