skip to Main Content
Blissfull Boat Cruises

As jy huil op jou troudag sal dit heel moontlik wees van verligting omdat al die beplanning eindelik verby is.

’n Welverdiende ruskans is nodig na die opwinding van troubeplanning en niks sê “honeymoon” soos ’n romantiese bootreis na ’n eksotiese betemming nie.

Na die stresvolle tyd van troubeplanning behoort ’n honeymoon sonder enige addisionele struikelblokke te wees. Cruiseabout haal dié las van jou skouers af. Spandeer luilekker dae in die Jacuzzi aan boord, kry gereelde couple’s massages of klim af en sien elke dag ’n nuwe bestemming. Dit alles kan gedoen word sonder om jou tas meer as een keer uit te pak.

Divan Viljoen, bemarkingsbetuurder van Cruiseabout verduidelik dat die skepe verskillende spesiale pakkette aanbied vir honeymooners en dat daar sekere skeepslyne is wat beter toegerus is vir wittebrode as ander.
Hier volg Viljoen se top drie bootreise vir Suid-Afrikaanse couples:

1. Royal Caribbean International

Hierdie reis neem jou na die Griekse-eilande en stop onder andere in Athene, Mykanos en Corfu voor dit eindig in die romantiese stad van Venesië. Die Royal Caribbean se aanboord-fasiliteite is ideaal vir fun-loving couples. Dink ontbyt in die bed, etes vir twee, eiland-wegbreek en meer.

2. Norwegian Cruise Lines

Die toer begin en eindig in Miami en bied jou die geleentheid om die Mayan ruïnes in Costa Maya te sien én bietjie te snorkel aan die kus van Roatán. Die reis behels ’n freestyle eet-konsep wat passasiers die geleentheid gee om te kies by watter van die talle aanboord restaurante, hul wil eet. Die Haven bied die luuksste en grootste privaat-akkommodasie in die lyn aan.

3. MSC Cruises

Vir die couple op ’n budget is MSC Cruises ideaal. ’n Vier-nag idilliese reis na Mosambiek gee jou die beste van altwee wêrelde. Couples kry die geleentheid om tyd op see te spandeer en die aanboord fasiliteite te benuttig, en kan ook op land kuier op die tropiese strande van Pomene. Die lyn bied ook spesiale romantiese ekskursies aan en afhangende van die reis, afslag as jy kan bewys dat jy onlangs getrou het.

Back To Top
%d bloggers like this: