skip to Main Content

Enige troue is harde werk, maar ’n troue wat ’n gastelys van 500 mense het is soveel meer.

’n Groot, fun kleurvolle troue was presies wat Nikki ingedagte gehad het toe sy begin beplan het aan haar groot dag en daar is niks meer Moroccan as warm kos, helder kleure, baie dans en baie mense nie.

Die keuse van venue was vir Nikki en Brendon albei belangrik. ’n Stylvolle venue, wat harde musiek toelaat en nie vroeg toemaak nie was die grootste vereistes vir dié sosiale couple. Hulle het natuurlik ook ’n rugbyveld-grootte grasperk nodig gehad om ’n onthaaltent te kon opslaan wat hulle 500 gaste kon akkommodeer. Die Bloemfontein Ramblers Club het dit alles en meer gebied. Hierdie historiese gebou met sy kristal kandelare en gedetaileerde hoë dakke was die perfekte venue vir die Pappins.

Foto: Ryan Graham, Johan Koegelenberg and Kobus Robbertze

Hoewel die Pappins se troue nie Marokkaans was nie, kan mens definitiewe ooreenkomste sien in die dekor, kos en atmosfeer. Magenta en goud was die basiskleure vir hierdie troue. So ook by enige Marokkaanse troue, is bont net eenvoudig beter. Kleure kan gemeng en gepas word om die lewendige effek van Marokkaanse kultuur vas te vang.

Sy sê

1. Vertel ons meer van jou trourok? Jy het stunning gelyk!

My trourok is van Pronovias. Ek het na hulle tak toe gegaan in Sandton en vyf rokke aangepas. Dit was die eerste rok wat ek aangepas het. Ek het net geweet dat dít die rok was. Ek het daarvan gehou omdat dit nie plain wit was nie. Dit was iets anders. Die hele rok was bedek met Spaanse kant en dit was heeltemal anders as wat ek oorspronklik ingedagte gehad het.

Foto: Ryan Graham, Johan Koegelenberg and Kobus Robbertze

2. Wat was jou gunsteling detail om te beplan vir die troue?

Ek het baie tyd spandeer op die skryfbehoeftes en drukwerk. Ek is baie lief vir details en alles wat ek beplan het, het baie detail gehad. Ek voel dat die fyner details die dinge is wat gaste onthou. Soos die confetti bokse en bier- en koffiebekers met branding op. Dis die klein dinge wat jou troue anders maak as almal anders sin.

Foto: Ryan Graham, Johan Koegelenberg and Kobus Robbertze

3. Wie het jou gehelp om jou droomdag te laat realiseer?

Omdat ons troue so groot was het ons besluit om ’n wedding planner te kry. Carissa van Aswegen van The Visual Concept was eenvoudig ’n droom. Ek was so gelukkig en dankbaar dat sy ingestem het om my te help met die belangrikste dag van my lewe. Sy ken y persoonlikheid en het uit haar pad gegaan om seker te maak die dag is perfek.

Foto: Ryan Graham, Johan Koegelenberg and Kobus Robbertze

4. Wat was julle troue se tema, kleure en watter blomme het julle gebruik en hoekom?

Ek wou baie graag ’n kleurvolle troue met baie blomme gehad het. Grand Room Design het my basiskleure van magenta en goud met baie pienke en perse gemeng. Ons het ’n hele verskeidenheid van blomme en groenplante gebruik. Die geometriese vorme was modern en die metaalgoud element was ’n deurlopende tema by die troue. Ons het gemik vir ’n klassieke, chic tema.

Foto: Ryan Graham, Johan Koegelenberg and Kobus Robbertze

5. Watter tipe atmosfeer wou julle skep by die troue?

Ons wou ’n fun atmosfeer skep by die troue. Ek het alles waarvoor ek en Brendon lief is probeer inkorporeer by die troue. Ons het ’n Whiskey and Cigar Bar, bier en biltongbar en ’n koffiestasie gehad. Ons het probeer om al ons gaste te akkommodeer en seker gemaak dat daar iets vir almal was. Barry Hilton was ons MC gewees en het almal aan die skater gehad. Hy het van die begin af ’n sosiale en lewendige atmosfeer geskep.

Foto: Ryan Graham, Johan Koegelenberg and Kobus Robbertze

Hy sê

1. Vertel ons meer van jou troupak. Hoe het jy daarop besluit en waar het jy dit gekry?

Diaan Daniels het my troupak, my groomsmen se pakke en Nikki se pa se pak gemaak. Ons et vir hom kleure gewys waarvan ons hou en hy het aanbeveel wat hy gedink het die beste sal lyk. Hy ken sy storie en ek het sy opinie ten volle vertrou. Hy het my pak, hemp, das en  onderbaadjie gemaak. Ek was baie gemaklik daarin en ek was mal oor hoe die uitrusting bymekaar gekom het.

Foto: Ryan Graham, Johan Koegelenberg and Kobus Robbertze

2. Gaan julle honeymoon hou en indien wel, waar?

Ons was reeds op honeymoon in Mauritius. Dit was ’n wonderlike wegbreek en perfek vir ’n honeymoon.

Foto: Ryan Graham, Johan Koegelenberg and Kobus Robbertze

Die Trouspan

Venue: Ramblers Club Bloemfontein

Spyseniering: Upper Crust

Troubeplanner: Carissa van Aswegen, The Visual Concept

Blomme: Grand Room Design

Dekor: Grand Room Design

Skryfbehoeftes: Fleur Design Studio

Hooffotograaf: Ryan Graham

Ander Fotograwe: Johan Koegelenberg and Kobus Robbertze

Videograwe: Raising Flags Productions

DJ: DJ Chopper

Koek: Carmen Klang, Carries Cookies

Vermaak: Barry Hilton, Dr Victor & Rasta Rebels

Hare: Francois Lotriet and André Bester

Grimering: Annemarie Smit

Strooimeisies se grimering: Ronel Le Roux en Elisma Loftus

Trourok: Pronovias

Pakke: Diaan Daniels

 

Back To Top
%d bloggers like this: