skip to Main Content
5 Dinge Om Te DIY Vir Jou Troue

Vir die bruid op ’n budget, kan selfs die kleinste uitgawe groot spanning veroorsaak. #BELLAtrou stel voor dat jy die volgende 5 dinge sommer self doen om kostes te bespaar.

Konfetti

Moenie té veel geld spandeer op iets wat slegs vir 2 minute gesien gaan word nie. Maak jou eie konfetti by die huis. Jy kan verskillende soorte en groottes blinkertjies gebruik, of selfs iets uit jou eie tuin oes. Rys is ook ’n baie goedkoop, tydlose en tradisionele vorm van konfetti.

Naamkaartjies

Alhoewel jou naamkaartjies eintlik deel vorm van die skryfbehoeftes, is dit baie eenvoudig om te maak by die huis. Maak seker dat dit inpas by die res van die skryfbehoeftes, maar onthou ook dat mense moontlik net een keer daarna gaan kyk.

Fotoalbum

’n Fotograaf is ’n moet, maar dit is nie nodig om vir hom/haar ’n stewige bedrag te betaal vir iets wat jy self kan doen nie. Indien jy bietjie in die knyp is, kan jou troualbum ook ’n ruk later gemaak word. Die voordeel hiervan is dat jy self kan kies watter foto’s jy in jou album wil hê.

Lapelle

Wees kreatief en maak self die bruidegom en strooijonkers se lapelle. Op die manier kan jy dit persoonlik en spesiaal ontwerp vir jou aanstaande. Dis ook nie te ingewikkeld om te maak nie. ’n Eenvoudige Pinterest of YouTube-soektog sal jou vinnig kan help.

Dankie-sê geskenkies

Afhangend van hoeveel gaste jy het, kan jy dalk die dankie-sê geskenke self maak en verpak. Dink aan iets oulik om te bak of koop klein, goedkoop en bruikbare geskenkies in grootmaat.

WENK: #BELLAtrou beveel aan dat jy nie dinge soos die fotograaf, trourok en kos self doen nie. Los dit eerder vir die professionele mense.

Krediet

Fotograaf: Lana Human 
Dekor: Grand Room Design

Back To Top
%d bloggers like this: