skip to Main Content
2019 Trourok Tendense Uit Die Mond Van Ilse Roux

Ilse Roux is dalk bekend vir haar pragtige trourok-ontwerpe, maar dis nie al wat dié ystervrou uit haar mou kan pluk nie.

As eggenoot, ma, sakevrou, openbare spreker én modeontwerper verstaan sy haar roeping as volg: “I am preparing the bride of Christ in spirit and in flesh.” Of sy nou besig is om ’n trourok te maak, of om ’n huwelikseminaar aan te bied, sy is besig om die bruid van Christus voor te berei.

Foto’s: Troue | Feeverhaal by Florence

1. Vertel ons meer van jouself. Hoe lank maak jy al trourokke?

Dis vanjaar my 14de jaar wat ek voltyds in die trou-industrie is, maar ek was vir 11 jaar ’n Biologie- en Skeinatonderwyser by Hoërskool Stellenberg. Onderwysers kan mense goed opsom en met groot omsigtigheid hanteer. Ek het in die onderwys geleer om profesioneel te funksioneer, maar met ’n persoonlike aanslag wat spreek van detail en empatie.

2. Hoe gebeur dit dat ’n Biologie-onderwyser in die trou-industrie beland?

As jong onderwyser by Hoërskool Stellenberg het ’n kollega ’n matriekmeisie na my verwys en dáár het ek my heel eerste kwotasie uitgewerk. So het vele matriekmeisies kom aanklop vir unieke ontwerpe.

God se opdrag was baie duidelik: “Bid vir die bruide terwyl jy hulle rokke maak en sëen die huwelike waarin hulle gaan, want die vyand val huwelike aan.” Ek hoor dit nou nog so duidelik soos gister. In April 2005 het ek my eie besigheid begin en in 2011 het die besigheid ook ’n bedieningskant begin.

Foto: Charl Smith van Agapé Photogrpahy

3. Watter trourok trends kan ons hierdie jaar verwag?

Aan die einde van 2018 het ons nousluitende rokke met besonder lang slepe en dramatiese sluiers begin sien. Dit dra by tot ’n koninklike prentjie. Hierdie tendens sal beslis vanjaar nog voortduur. Daar sal ook vanjaar baie interessante moue op die toneel wees. Hierdie moue sal vir die volgende paar jaar baie populêr wees en sal glad nie ten doel hê om die bruid warmer te maak nie. Dit sal eerder daar wees om elegante detail tot die rok toe te voeg. Die illusion tulle sal nog vir ’n hele ruk saam met ons wees op lae rûe, halslyne en deursigtige panele. Die balrok silhouette is ook altyd gewild, maar die materiaal wat nou gebruik word is beslis meer eenvoudig.

4. Vat ons deur die proses van een van jou ontwerpe.

Ons doen eerste ’n basiese figuur-analise om te bepaal watter vereistes haar liggaam stel. Só bepaal ons of daar iets spesifiek is wat die halslyn, silhouette, verhoudings en kleure van die rok gaan beïnvloed.

’n Nuwe rok neem 4 passe. Ek maak glad nie ’n mock-up soos die meeste ontwerpers geleer word om te doen nie – dit spaar die bruid baie onnodige kostes.

Lees: Getroud vir een jaar, wat nou?

  • Met die eerste pas doen ek ’n goeie bodyfit van die onderlaag sodat dit 100% op daardie lyf pas. Dit is een van ons uitstaan-kenmerke!
  • Met pas nommer 2 word die detail op die rok aangebring. Ek verkies dit om op die kliënt se lyf te werk terwyl sy daarna in die spieël kyk. Dit staan ook bekend as die Franse couture manier van klere maak. Op hierdie manier het die kliënt totale beheer oor die proses. Sy kan sien hoe die rok vorder, kan vrae vra, opsies oorweeg en selfs van plan verander. Dit skep baie vertroue by die kliënt en maak die hele proses oneindig spesiaal.
  • Met die derde pas word die soom gesny, ekstra detail op die rok aangebring en die laaste detail beplan.
  • Met die laaste aanpas is die rok voltooi en ons kies die sluier en juwele wat die prentjie sal afrond. Ons maak elke keer seker dat die bruid gemaklik kan sit, stap en dans.

 

Hooffoto: Lilac Photography

Back To Top
%d bloggers like this: