skip to Main Content
2019 Trou Trends | Deel 2

Om te weet wat is ‘in’ in die trousfeer van 2019 is baie goed, maar om te weet wat is ‘uit’ is amper belangriker. Hier volg ’n paar trends wat ons gaan liefhê en los die jaar.

1. Eerste kyke

Verlede jaar was ons oorweldig met pragtige oomblike van bruide en bruidegommewat mekaar vir die eerste keer sien op die troudag. Baie fotograwe kan baie mooi oomblikke so vasvang vir hul eie portfolio, maar in 2019 hoef jy nie gedruk te voel om dit op die dag te inkorporeer nie. Baie gaste verkies ook om saam met julle die oomblik te deel.

Foto: Shutterstock

2. Kort verlowings

Verwag die jaar dat mense minstens ses maande verloof sal wees voor hul die knoop deurhaak. Verby is die dae wat paartjies net ’n paar weke verloof gaan wees en dan trou. Baie paartjies het reeds die trend begin volg en sal eers middel- of einde 2019 trou, alhoewel hul al in die winter van 2018 verloof geraak het.

Foto: Shutterstock

3. Palm blare

Groot, eksotiese palmblare was op die voorgrond gewees by baie troues vir die afgelope paar jaar. Baie bruide sal egter hierdie jaar kies om die tropiese trend te los en meer klassieke blomme te gebruik.

Foto: Shutterstock

4. Rustic troues

Die rustic trend is definitief nie verby nie, maar in 2019 sal ons ’n meer gesofistikeerde vorm daarvan sien. Baby’s breath en goiingsakke sal nie meer die trend oorheers nie. Ons sal in die volgende paar maande baie meer industriële venues sien wat gebalanseer word met baie groenigheid of sagte pastel.

Foto: Shutterstock

5. Roosgoud

Dit is pragtig, maar sy doel is gedien. Die magdom roosgoud dekor en verloofringe wat in 2018 aanwesig was sal hierdie jaar ’n stappie terugneem. Hierdie jaar sal meer bruide kies om helder kleure te gebruik wat deur blomme en linne uitgebeeld word.

Foto: Shutterstock

Onthou dat trends kom en gaan soos seisoene. Moenie laat dit jou idee van jou perfekte dag beheer nie. Jou troue sal heel moontlik of die voorganger of die veranderde weergawe van een of ander trend wees.

Back To Top
%d bloggers like this: