skip to Main Content
2019 Trou Trends | Deel 1

Flawed and fabulous. Because perfect doesn’t exist and normal is boring.

As jy binne die volgende 365 dae voor die kansel gaan staan is dit belangrik om te weet wat trend en wat nie. Om te weet wat is ‘in’ in die trousfeer van 2019 is baie goed, maar om te weet wat is ‘uit’ is amper belangriker.

1. Korale kleure

In die afgelope paar jaar het ons deur die pastelfase, vintage fase en minimalistiese fase gegaan. 2019 is egter die jaar van kleurvolle korale. Ligter en helder skakerings van pienk en oranje kan geïnkorporeer word in die strooimeisies se rokke, koeke en selfs jou grimering.

Foto: Shutterstock

2. Klassieke trourokke

Minimaliste kan juig oor hierdie 2019 trend. Meghan Markle het natuurlik die trend mooi onder die knie gehad verlede jaar. Ons sien dié jaar ’n definitiewe terugkeer na meer klassieke, ongekompliseerde trourokke. Die geheim hier is om te kyk wat by jou figuur pas en seker te maak jou ontwerper ken sy/haar storie. Minimalistiese rokke los nie veel plek vir voetfoute nie so maak seker die rok pas jou perfek.

Foto: Shutterstock

3. Kunstige koeke

Baie bruide het die afgelope paar jaar gekies om klein of geen troukoek te hê nie. 2019 sien egter ’n keurpunt omdat oordadige, kunstige koeke sy verskyning maak. Die trend sluit persoonlike monograms en selfs metallic kleure in. Teksture soos rippellende versiersuiker en gedetaileerde suikerblomme kan maklik gaste se asems wegslaan die jaar.

Foto: Shutterstock

4. Grasse

Ons het in die vorige paar jaar baie gebruik gemaak van greenery om tafels en venues te versier. Alhoewel hierdie trend steeds baie sal voorkom in 2019, kan grasse in die nuwe jaar ’n nuwe trend skep. Vir neutrale kleurskemas of Bohemian bruide kan grasse as alternatief dien vir groenigheid. Pampas gras lyk of dit die voorloper kan wees om kansels, die paadjies en selfs tafels en ruikers te versier.

Foto: Shutterstock

5. Eco-friendly

Die omgewingsvriendelike trend het reeds in 2018 sy kop uitgesteek, maar ons kan verwag om baie meer daarvan te sien die jaar. Omgewingsvriendelike konfetti, plaaslik geproduseerde kos en selfs organise trourokke sal heel moontlik die jaar oorneem.

Foto: Shutterstock

Lees die opvolgartikel om te sien watter troutrends is “uit” in 2019.

Back To Top
%d bloggers like this: