skip to Main Content
Tips Vir Hóé En Waar Om Die Groot Vraag Te Vra

Lindy Hibbard deel ’n paar tips oor hoe om die gróót vraag te vra.

Om by die kansel af te stap in jou droomrok, op pad na jou droomman toe by die mooiste trouvenue is nie die enigste drome wat meisies van kleins af droom oor hulle troudag nie. Nee, ons droom ook oor hóé ons graag sal wil hê ons toekomstige man die groot vraag moet vra.

Dit is een van die belangrikste hoofstukke van ons lewens. Dit is ook vir mans ’n spesiale oomblik en hulle wil graag die oomblik so beplan dat dit ons drome sal vlerke gee. Alhoewel elke meisie anders is, is daar ’n paar dinge wat ons almal graag sal wil hê op die dag wat ons ridder op ’n wit perd op sy knie neersak.

Gedurende Paasnaweek het ’n besonderse gebeurtenis in die radio-omroeper, Lindy Hibbard se lewe gebeur. Haar kêrel van byna vyf jaar het haar bederf met ’n naweek weg na Cascade Country Manor, in die Paarl. Dit was daar presies daar waar Peter Lehto (34), ’n senior PHP-ontwikkelaar by Superbalist, homself aan Lindy voorgestel het.

Die manier waarop ’n man die groot vraag vra, is só belangrik, maar, wat is die perfekte voorstel?

Manne, hier is net ’n paar dinge waaroor Lindy Hibbard jou wil inlig terwyl jy besig is met die beplanning van die groot vraag:

  1. VRA!

Daar is niks meer irriterend as ’n man wat sloer met die vraag nie. As jy en die ou al jare lank date, dan moet julle iewers aan die volgende stap dink. “Ek en Peter is al byna vyf jaar bymekaar dus was die tydsberekening van sy voorstel perfek. Ons was albei gereed om ons verhouding na die volgende vlak te neem.”

  1. OORSPRONG, OORSPRONG, OORSPRONG!

“Tydens ons naweek weg was daar nie eens die geringste wenk van ’n “groot oomblik” in die lug nie, so ek het geen verwagtinge gehad nie. Toe ons by die waterval aankom en ek sien die piekniek en blomme het ek eers besef dit was nie net ’n stappie nie, hierdie gaan die die ongelooflikste oomblik van my lewe wees. Hy haal toe ’n boksie uit en sê die pedrfekte woorde wat elke meisie nie kan wag om te hoor nie.”

  1. DIE PERFEKTE RING

*WENK! Praat met hom oor wat jy hoop en graag wil hê. Jy gaan die ring vir die res van jou lewe dra, jy moet dit liefhê! “Ek sal die Saterdagoggend nooit vergeet toe Petrus sowat ’n jaar gelede my gevra het van watter soort ontwerpe ek hou nie. Ons het nie regtig gepraat oor trou tot op daardie stadium nie, so ek was só opgewonde! Ek het vir hom ’n paar foto’s van ’n ring gewys waarop ek verlief geraak het en hy het dit ook gelove. Hy het toe gegaan en dit laat maak. Toe hy my gevra het om te trou, het ek die ring vir die eerste keer in die regte lewe gesien en dit was soveel mooier as wat ek ooit gedink het.

  1. OUERS SE BLESSING

“Een tradisie wat stadig maar seker besig is om te verdwyn, is om ’n vrou se pa (ouers) se seën vir die huwelik te vra. Ek dink dit is net respek om jou toekomstige bruid se pa te vra vir sy seën as jy die pad na julle huwelik begin. Dit laat jou meisie se pa weet dat jy opreg is in jou bedoelings en ’n ware gentleman is. Hy het vir my ma ’n bos blomme gekoop en vir my pa ’n bottel whisky gebring en hy het ‘n  mooi speech voorberei vir my ouers. Hulle het dit regtig waardeer.

  1. HOU ‘N GEHEIM…

“Ek hou van verrassings en Peter het beslis met die mees romantiese verrassingsvoorstel vorendag gekom. Ek het net gedink ons ​​gaan die naweek weg om my verjaardag te vier wat ’n paar dae vroeër was. Ek het glad nie geweet dat hy twee maande voordat hy die groot vraag gevra het, al na die gebied gaan kyk het, en besluit het waar hy die vraag gaan vra nie. Hy het na die waterval gaan kyk en beplan waar om die piekniek te hou en hy het lank vooruit met die gastehuispersoneel gereël. Sy beplanning het die vrugte gepluk van die beste proposal ooit!”

  1. MAAK DIT PERSOONLIK

Die perfekte proposal gaan nie oor hoeveel geld jou toekomstige man aan die beplanning bestee nie. Dit hoef ook nie noodwendig ’n vliegtuig te wees wat in die lug vir jou skryf: “Trou met my?” nie. Dit gaan daaroor om die proposal so persoonlik en uniek te maak soos wat julle verhouding is. Dit moet iets eg wees wat julle verhouding beskryf.

Lindy sê: “Aandag aan detail is uiters belangrik. Petrus het gereël dat my absolute gunsteling blomme (St Joseph’s lilies & wit rose) op die piekniektafel gereël word. Daar was nog ‘n massiewe klomp in ons kamer toe ons teruggekom het. Dit was baie spesiaal.”

  1. BEPLAN

Peter het alles vir Lindy in die geheim beplan. Hy het vooraf seker gemaak dat die gastehuispersoneel weet presies wat om te doen en wanneer om waar wat gereed te hê. Vir Lindy was die dag vreeslik romanties!

Sterkte met die troubeplanning, julle!

Jy kan na Lindy luister op SmileFM, weeksdae van 06h00 – 09h00.

Back To Top
%d bloggers like this: