skip to Main Content
Só Hanteer Jy Die Kersfees Blues

Depressiewe episodes, selfs in diegene wat nie aan depressie ly nie, kan gedurende die feesseisoen verhoog. Maar jy is nie hulpeloos nie. Daar is heelwat wat jy kan doen om stres en depressie die vakansie te verminder.

Behalwe vir die lekker kos en vakansiedae, bring die feesseisoen ook skielike verandering en verhoogde eise op ons emosionele, fisiese en finansiële reserwes.

As jy moeër as gewoonlik voel, sukkel om te konsentreer, en alledaagse take skielik net ‘te veel’ voel, ly jy dalk aan die Kersfees blues. Jy kan jou simptome verlig deur sekere kerstyd-spesifieke eise wat aan jou tyd, energie en emosies gestel word te verminder of uit te skakel. Deur ’n paar leefstylveranderinge tydens die tyd te maak kan jy ook enige stres en depressie hokslaan.

  • Verminder jou alkohol inname.
  • Kry genoeg slaap.
  • Leer om NEE te sê. Wanneer jy ja sê vir te veel familie, werk en sosiale verpligtinge kan dit tot ʼn emosionele breakdown lei #aintnobodygottimeforthat.
  • Wees oop vir nuwe tradisies en moenie vasklou aan ’n prentjie van hoe dinge moet wees as dié prentjie eintlik niemand gelukkig maak nie.
  • Oefen gereeld.
  • Beplan vir daai moeilike familie situasies of dink aan kreatiewe maniere om dit heeltemal te vermy.
  • Stel realistiese verwagtinge, eers vir jouself, en kommunikeer dit dan duidelik aan ander.

As jy oor die algemeen sukkel met depressie, gee jouself krediet vir basiese funksionering, en probeer om nie te veel oor die ekstra vakansie-verwagtinge te stres nie. Daar sal nog kersfeestye wees, en hulle kan anders lyk as die een, maar vir nou is die doel om deur die vakansie in dieselfde (of beter toestand) te kom as wat jy begin het.

 

Bronne: Why does depression tend to increase during the holidays – forbes.com, How to deal with stress and depression during the holiday – healthline.com

Back To Top
%d bloggers like this: