skip to Main Content
Impress Jouself

Dit is van kardinale belang dat jy weet wie jy is.

‘n Goeie begin is om ‘n lysie op te trek van jou sterk- en swakpunte, jou stokperdjies en jou drome. Hierdie is ‘n great beginpunt tot jou heelmaak proses, en jy mag dalk net weer verlief raak op jouself. You’ve got to love yourself voor jy kan verwag dat iemand anders vir jou moet lief wees. Dink ‘n bietjie terug aan die eerste keer wat jy een of ander hot ou se oog probeer vang het. Hoe het jy hom probeer impress? Ek’s seker jou naels was gedoen, die perm was geklits, dalk was daar ‘n paar ekstra myle op die treadmill geloop.

Jy het miskien jou swag verloor, en dit gebeur met almal so mettertyd. But, thats why single life is so great. Jy het nou die gulde geleentheid om dinge weer op te tel waar jy dit nagelaat het. Met een reuse verskil: hierdie keer impress jy jouself. Begin weer vir jouself lag, trek jou tekkies aan en oefen, maak ‘n afspraak vir jou naels, of doen dit self. Maak jou hart en jou belange jou nommer een prioriteit. Daar is absoluut niks meer aantreklik as ‘n meisie wat totaal en al in beheer is van haarself, haar emosies en haar wêreld nie. Sy is vir ‘n man soos heuning vir ‘n hommelby.

Jy, my liewe single blom, is op jou soetste geur in die seisoen in jou lewe, laat toe dat die bytjies brom om jou, en leer om in die oomblik te leef – sonder om te droom oor jou trourok. Dit kan nog ‘n bietjie wag…

Back To Top
%d bloggers like this: