skip to Main Content
Embrace Elke Seisoen Van Jou Lewe

Moenie toelaat dat die samelewing se stigmas jou geluk bepaal nie. Om single te wees, is ’n magical tyd in ’n BELLA se lewe. Jy moet hierdie seisoen gebruik om jou lewe te vier, te bepaal wie jy werklik is en waarvan jy hou.

Kan jy met hierdie meme relate?

Wel, BELLAS… Ons glo daarin dat jy nooit moet settle vir tweede beste nie. Ja, dis moeilik as almal om jou verloof raak, trou en kinders by dosyne kry, maar dis altyd die moeite werd om te wag. Leer jouself ken, verstaan en embrace die lewe van ’n single BELLA!

Foto: Seagram Pearce

Ons Februarie-voorbladster, Cindy Nell-Roberts sê:

“Baie, baie vroue soek vir liefde in iemand anders en dikwels trou hulle om daardie liefde te soek, maar dit is nie die tipe liefde wat jou in elke manier werklik gaan fulfil nie. Daar is ’n dieper, meer magical tipe liefde wat jy eers sal moet vind. Jy moet liefde vir jouself vind. Dit vat doelbewuste effort en gebeur nie net vanself nie. Om gelukkig en gemaklik te wees met die feit dat jy alleen is, beteken jy sal nooit eensaam wees nie. Dit gebeur so dikwels dat ons selfs in great verhoudings eensaam voel omdat ons nooit daardie fondasie vir self love neergelê het nie.”

Foto: Donovan Ekron

Nádine was ons voorbladgesig vir Aprilmaand en stem saam met Cindy.

“Jy moet compromise vir liefde, maar jy moet nooit iets opgee van jouself om saam met iemand te wees nie. Jy moet jouself bly en jou kêrel of man moet jou embrace en jou lief hê met jou foute, flaws en alles. Hê lief met jou hele hart en moet nooit vergeet wat jou waarde is nie.”

Vir haar is Therese Benade Bam ’n groot inspirasie van ’n sterk, suksesvolle, ongelooflike mooi vrou wat nie gesettle het nie en op die ouderdom van 40 met haar “human” getroud is. Die wêreld laat jou glo dat daar iets fout is met jou as jy op 30 nog single is, maar die waarheid is dat elkeen se lewensreis op hulle eie pas gebeur. Sommige van ons kry ons partner op 20, ander op 25 en ander op 35.

Daar is gelukkig nie ’n afsnydatum vir liefde nie en jy moet elke seisoen van jou lewe ten volle geniet!

Back To Top
%d bloggers like this: