skip to Main Content
Eerste Afspraak Angs

Daar is baie op die spel by ’n eerste date en die kombinasie van senuwees en opwinding kan jou soms in die steek laat.

Hier is bietjie BELLA raad:

  • Maak mooi maar wees gemaklik.
  • Wyn wek dalk jou wilde kant op en laat jou vol selfvertroue voel maar as jy graag ’n tweede keer wil kuier, waak teen té veel.
  • Hou jou aandag by jou metgesel – daar is niks lekker aan oë wat elders dwaal nie.
  • Moenie té veel verklap op die eerste afspraak nie.
  • Onthou dat sterretekens nie alles bepaal nie en dat teenoorgestelde mense soms die beste pas.
  • Voorkoms is nie alles nie. Onthou dat ’n mens nie altyd op eerste oogopslag verlief gaan raak nie, soms val mens eers vir iemand se persoonlikheid en dan vind jy hulle aantreklik.
  • Maak seker jy kan vir jouself betaal – niemand is verplig om die fooi alleen te vat nie.
  • Hou ’n gesels lysie byderhand om lang ongemaklike stiltes te stop. Dink aan ’n paar interessante vra of huidige wêreld dinge as afskoppunte vir lekker gesprekke.
  • Elke avontuur begin met ’n eerste tree – so gee hom en geniet dit!

 

Saamgestel deur: Hannica Green

Bron: The Bunny Book 

Back To Top
%d bloggers like this: