skip to Main Content
Eensaam Op Valentynsdag?

Jy word gebombardeer met hartjies, kaartjies en sjokolade wat op elke winkelrak pronk en almal by jou werk dra vandag iets rooi – want die liefde is mos iets om te vier! Maar wat as jy single is?

Cindy Nell-Roberts, ons voorbladvrou van Februariemaand is een van ons land se mooiste en mees inspirerende vroue! Boonop het sy baie wysheid oor die lewe en veral die liefde. Sy het in haar onderhoud met BELLA klem gelê daarop dat jy jou tyd as ’n single BELLA moet embrace. Ons vergeet dikwels dat jy eers jouself moet lief hê en verstaan, voordat jy vir iemand anders onvoorwaardelik lief kan wees.

Foto: Verskaf

“Baie vroue soek liefde in iemand anders en eindig op om te trou met die persoon wat vir hulle daardie liefde en geluk gee, maar dit sal jou nooit werklik fulfil nie. Daar is ’n magical liefde wat jy eers moet gaan soek en dit is die liefde vir jouself.”

Sy beskryf die liefde as iets wat jy consciously moet doen. Dit vat moeite. Dit gebeur nie net vanself nie. “Om gelukkig en gemaklik te wees om alleen te wees, beteken dat jy nooit regtig eensaam sal wees nie. Jy moet eers die fondasie van selfliefde neerlê.”

Cindy voel jy moet weet waarvan jy hou, jouself intiem ken, lief wees vir jou lyf, weet wat is jou gunsteling tydverdryf, aktiwiteit en eetplek. “Jy moet weet of jy die strand of die swembad verkies, hou jy meer van sonskyn of reën, waarheen sal jy graag wil reis, wie inspireer jou en wat is jou waardesisteem? Jy moet weet waarop sal jy compromise en op wat nie.”

Foto: Shutterstock

Cindy sê verder: “Om single te wees is so ’n magical tyd van jou lewe! Jy het die geleentheid om lank te vat om jou grimering perfek aan te sit, na boek launches toe te gaan, kookklasse te neem en saam met vreemdelinge te lag!”

Sy dink nie jy moet vir iemand gaan soek nie, maar stel voor dat jy eerder aktief moet uitgaan en jouself vind, en dan sal daardie spesiale persoon iewers jou pad kruis.

Sy los ons met ’n laaste stukkie wysheid: “Ps: get up, get out, sitting on the couch watching TV doesn’t get you a tight bum or someone to hold it.” 😉

Lees wat Cindy alles vir Valentynsdag beplan. Klik hier.

 

Back To Top
%d bloggers like this: