skip to Main Content
Voorbehoed Opsies: Die Voor- En Nadele

Slim seks is gewoonlik veilige seks. Daar is talle maniere om te verseker dat jy nie swanger raak of ’n STD kry nie. #BELLA bespreek die voor- en nadele van die gewildste voorbehoedingmetodes.

1. Die pil

Geboortebeperking 91% effektief met normale gebruikersomstandighede

Voordele

Die pil is ’n gerieflike voorbehoed-metode en amper oral bekombaar. Studies het ook al bewys dat dit jou kans om servikale kanker op te doen, verlaag. Verder kan dit ook jou menstruasie-siklusse reguleer en menstruasie-pyn verlaag. As jy die pil gereeld en getrou drink, gee dit jou ook die vryheid vir seksuele spontaniteit.

Nadele

Meeste newe-effekte behoort weg te gaan oor ’n paar maande wanneer jou liggaam by die medikasie aangepas het. Onder andere kan hoofpyne, seer borste, verlaagde libido, depressie en naarheid voorkom wanneer Die Pil gebruik word. Die pil moet ook daagliks op dieselde tyd gedrink word en kan nie saam met alle ander medikasies (soos antibiotika) gebruik word nie. Dit beskerm ook nie teen SOS’e (seksueel oordraagbare siektes) nie.

Foto: Shutterstock

2. Die mirena

Geboortebeperking: 99%

Voordele

Anders as ander geboortebeperkings laat die mirena jou steeds normaal ovuleer. Jou vrugbaaheid keer dus terug na normaal sodra jy die mirena laat verwyder. Die mirena is ook ’n langtermyn oplossing en kan tot 5 jaar gebruik word. Verder hoef jy ook nie daaglikse medikasies te drink nie, die mirena doen dit alles vanself. Dit kan jou menstruasie-vloei tot en met 90% verlaag. Laastens kan dit ook help met vrouens wat sukkel met endometriose.

Nadele

Dit moet deur ’n dokter of ginekoloog inwendig ingesit word en is’n duurder vorm van geboortebeperking. Na inplanting kan jou lyf ook ’n hele paar maande vat om gewoond te raak aan die vreemde dingetjie. Jou siklusse sal dus vir ’n tyd nog deurmekaar wees. Party vrouens moet ook terug gaan dokter toe om die mirena te laat herposisioneer omdat dit ongemaklik voel of seer is tydens seks. Dit beskerm ook nie teen SOS’e nie.

3. Die copper T

Geboortebeperking: 99%

Voordele

Die copper T is nié ’n hormonale vorm van geboortebeperking nie. Dis ook ’n langtermyn voorbehoedmetode. Die koper dien as afweermiddel vir sperm en verhoed dat die sperm by ’n eiersel uitkom.

Nadele

Net soos die mirena, moet die Copper T ook ingesit word deur ’n dokter. Party mense voel krampe en pyn na die inplanting en dit kan ’n hele ruk neem vir jou liggaam om aan te pas. Daar is ook ’n kans vir infeksie omdat dit ’n vreemde voorwerp is. Copper T’s beskerm ook nie teen SOS’e nie.

 

Bronne: verywellhealth.com, larabriden.com, plannedparenthood.org

Back To Top
%d bloggers like this: