skip to Main Content
Top 3 Issues Met Seks, Nadat Jy Geboorte Geskenk Het

Seks na geboorte kan nogal ’n sensitiewe sakie wees vir jou , vir hom, en daar onder ook.

BELLA gaan kyk na die top 3 issues.

Lees: Seksblapse wat almal oorkom

1) Jou perineum is seer.

Jou perineum is die spasie tussen jou vaginale opening en jou anus. Dit kan baie seer en sensitief wees, nadat jy geboorte geskenk het veral ook as jy steke daar gekry het. Maar selfs sonder steke kan dit steeds geswel wees en baie vroue is selfs bang vir alledaagse bowel movements. As dit by jou die geval is kan jy dalk nog eers bietjie wag met penetrasie en net ’n lekker warm vry inwerk.

2) Hoe lank na geboorte kan ons weer begin met seks?

Wag vir ongeveer 6 weke voordat jy weer met penetrasie-seks begin. En wanneer jy dan wel begin, doen dit stadig! Jy sal wel ook mooi moet beplan as jy nog bietjie foreplay ook wil inwerk – dit sal beslis help om die angs oor wat nou dalk anders kan wees te verlig. Jy kan ingedagte hou dat navorsing bewys dat gereelde seks eintlik baie voordelig is om jou vaginale spiere weer terug na normaal te kry na geboorte. Gaan dus stadig, wees versigtig, maar moet beslis nie bang wees nie.

Lees: Swanger seks

3) Hoe kry ek my mindset weer reg?

Met baie geduld van jou en ook jou partner. Onthou, jy is nie die enigste een wat hierdeur gaan nie. Baie paartjies voor julle het dit ook al oorkom. Onthou dat jou partner nou leiding van jou af nodig het en praat openlik en gereeld. Baie partners voel bietjie afgesonder, omdat die nuwe baba nou al jou aandag verg. Maak hom deel van alles en verduidelik ook wat met jou lyf gebeur. Dit is nou ’n goeie tyd om julle emosionele konneksie te versterk.

 

Bron: livingandloving.co.za

Back To Top
%d bloggers like this: