skip to Main Content
Tinder En Trou

Tegnologie is ʼn lieflike ding. Dit maak dat mens presies weet wat in die wêreld aangaan.

Jy kan uitvind watter celeb nou weer iemand in die verkeer beetgekry het en op dieselfde tyd inligting oor versteekte oorloë kry. As daar nuus van jou familie of vriende af is hoef jy nie meer dae lank vir briewe te wag nie, jy kry dit binne oomblikke.

Soos met alle goeie dinge het tegnologie ook nadele. Een opvallende nadeel, en vir sommiges is dit ʼn voordeel, is dat mens letterlik heeldag alleen in jou kamer kan sit en presies weet wat in die buitewêreld aangaan. Hierdie lei natuurlik na minder in-die-persoon interaksie tussen mense en jy kan selfs ʼn verskillende aanlyn persoonlikheid ontwikkel. Hoekom sal jy nou nuwe mense wil ontmoet as jy hulle net op Instagram kan volg en in elk geval weet wat
hulle doen?

Foto: Shutterstock

Iemand het wel die gaping wat tegnologie veroorsaak het gesien en besluit dat dit ʼn geleentheid is. Sê hallo aan Tinder. Hierdie app gee vir mense die geleentheid om iemand te ontmoet sonder om al die ‘waarin stel jy belang’ vrae te vra. Ja, die inryteater is dalk ’n meer romantiese plek om iemand te ontmoet, maar wat kan ʼn mens nou doen. Ons ouers mag dalk dink dat niks goed van die internet af kom nie, maar ek het al van ʼn paar Tinder-sprokiesverhale gehoor. Moenie skaam voel as iemand vir jou en jou (Tinder) partner vra hoe julle ontmoet het nie. Vertel vir hulle die waarheid! Jy het jou toekomstige partner op die internet gaan soek en mense moet ophou oordeel daaroor spreek.

As iemand weer met oordelende oë na jou kyk as jy oor aanlyn dating praat, sê sommer reguit vir hulle dat Tinder
en trou die nuwe in-ding is!

Back To Top
%d bloggers like this: