skip to Main Content
Sex(y) Playlist Inspo

Nes kerrie-en-rys en pannekoek met kaneelsuiker, is seks sinoniem met sagte beligting en ʼn polsende speellys.

Musiek kan ʼn fantastiese aphrodisiac wees, wat jou help om ʼn sensuele atmosfeer te skep. Hier is #LiefsteBELLA se #Top10 Picks vir ’n #SexySpeellys.

Only Time – Enya

As jy wonder hoe hierdie stadige nommertjie die lys gehaal het, gaan kyk die tranetrekker rolprent, Sweet November, en jy sal gou die seksuele waarde van hierdie slow jam begryp…

Wicked Game – Peter Jöback ft Sia

Terwyl ons by die stadiger tunes is, kan ons nie van hierdie #GoldenOldie vergeet nie. Sia se smeulende vocals is verfrissend in hierdie sexy cover van Chris Isaac se immergewilde treffer.

Burning Desire – Lana del Rey

Wat is ʼn sexy playlist sonder Lana del Rey se wellustige altstem wat drup van sex appeal? Die liedjie begin stadig en bou opwindend momentum op tot ʼn ongelooflike aangename klimaks. ʼn Absolute móét vir jou speellys!

I Don’t Wanna Live Forever – Zayn Malik en Taylor Swift

As dit sexy genoeg is om deel van die #50Shades -trilogie se soundtrack te wees, is dit definitief genoeg rede om dié een deel van jou sekssnitte te maak.

6 Inch – Beyonce ft The Weeknd

Beyonce bring al die sexy met die enetjie. Die hedonistiese ondertoon van die liedjie voer jou heupe weg en jy kan nie help om jouself aan die low en slow ritme oor te gee nie.

Crystalized – The XX

Die liedjie se (se)x-faktor is te danke aan die Gossip Girl-faam, want dis die klankbaan van Nate en Serena se warrelwind, dog waaghalsige intieme verhouding. Van die tonele tussen hulle grens aan soft porn… maar vir al die regte redes.

Had Some Drinks – Two Feet

Een vir die Indie lovers. Die liedjie is die perfekte middeweg tussen slow and sleazy en silky smooth. Dit sal jou definitief in die bui kry om die voorspel na die volgende vlak te neem.

Def Leppard – Pour Some Sugar on Me

As die liedjie begin speel, vlieg meeste van ons se inhibisies by die venster uit en ons inner stripper kom uit – Coyote Ugly style…

Supermassive Black Hole – Muse

Die bonsende baseline sal die pas en ritme perfek aangee en met lirieke soos “you set my soul alight”, gaan jy die middelpunt van die slaapkamer wees en elke oomblik daarvan geniet.

Sugar – Robin Schulz ft. Francesco Yates

Die steady ritme van die liedjie is vir wanneer die onstuimige drange ʼn hoogtepunt bereik. Die saucy falsetto vocals draai die termostaat na ʼn ondraaglike hittegraad en die oomblik raak #TooHotToHandle…

 

Back To Top
%d bloggers like this: