skip to Main Content
Seksvoorligting En Jou Kind

Wanneer, hoe en waar begin jy jou kind leer oor seks? Verduidelik jy die anatomie of kies jy ’n sagter, onskuldiger benadering. #BELLA help graag.

Wanneer?

Die algemene antwoord op die vraag is wanneer jou kind begin vra. Indien hy/sy nog in die donker is oor alles is dit nog nie nodig om in diepte te praat oor die blommetjies en bytjies nie. ’n Drie-jarige kan dalk vra waar baba’s vandaan kom. Antwoord hom/haar op ’n ouderdom gepaste manier.

Hoe?

Moet nooit jok nie! Jou kind moet weet dat hy/sy jou kan vertrou as dit kom by seks. Om vir jou 8-jarige te vertel dat baba’s deur Kersvader gebring word is definitief nie ’n goeie idee nie. Die kans is goed dat hy die waarheid (of ’n kinderlike weergawe van die waarheid) by sy maatjies gaan hoor. Dit gesê, is dit ook nie nodig om die anatomie van seks, voorbehoeding en masturbasie met ’n jong kind te bespreek nie.

Waar?

Kies ’n veilige, gemaklike omgewing waar jou bloeitjie vir jou vrae kan vra sonder om skaam te voel. Maak seker dat jy nie verleë of skaam voorkom nie. Seks moet openlik bespreek kan word tussen ouers en kinders en indien jy skaam is, sal jou kind ook wees. Dis ook belangrik om te onthou dat alle kinders nie dieselde vlak seks-kennis gaan hê nie. Maak seker dat jou kind nie die een is wat sy maatjies leer oor seks nie. Dit kan sorg vir ongemaklike oueraande.

Dit maak nie saak hoé jy kies om seks-voorligting met jou kind te bespreek nie. Die belangrikste is dat jy wel seks-voorligting met jou kind deurwerk. Onthou om altyd te verduidelik dat niémand aan hom/haar mag vat nie. Verduidelik wat is gepaste seksuele gedrag en moedig jou kind aan om enige abnormale ervarings dadelik met jou te bespreek.

Back To Top
%d bloggers like this: