skip to Main Content
Seks Met Jou Eks

As die spark eers daar was, is dit maklik om weer gevoelens vir jou eks te kry. Lees egter eers verder, voor jy daaraan dink om weer kers by jou eks op te steek. Om te wonder is natuurlik.

Ons almal het al gedagdroom oor die passie wat jy al vantevore met jou eks gedeel het. Vrae maal in jou kop, soos “hoe sou dit wees om vir oulaas nog net één nag van passie te deel?” Om werklik woord by daad te voeg, kom egter met ʼn handvol komplikasies.

Hier is 5 dinge om te onthou wanneer jy seks met jou eks oorweeg.

Die verlede gaan nêrens

As jy nog gevoelens vir jou eks het, óf nog hoop dat alles eendag sal uitwerk, dan is seks met jou eks ’n slegte idee. ʼn Fling kan ou wonde oopkrap en jou weerhou om aan te beweeg. Seks is nie ʼn pleister nie – nie vir jou gebroke hart nie en ook nie vir die probleme wat julle verhouding in die eerste plek laat eindig het nie.

Foto: Shutterstock

Tweedebeste is nie goed genoeg nie

As jy opsoek is na ʼn langtermyn commitment, gaan seks met jou eks dit nog verder uitstel. Die verhouding het reeds nie uitgewerk nie en jy’t klaar besluit jy verdien beter. Dit is egter maklik om terug te spiraal na dit wat bekend is aan jou, maar dan settle jy vir tweedebeste, terwyl jy weet jy is eintlik opsoek na iets anders. Kyk liewer vorentoe! Onthou! BELLAS verdien die beste! #GameChangers

Jou hart is nie ʼn speelding nie

Seks met jou eks mag dalk aan die begin baie onskuldig en onskadelik lyk, maar die emosies en gevoelens sal aanhou knaag. Jou selfvertroue kom in gedrang, want die feit dat jy nie die versoekings kon weerstaan nie, gaan jou ook begin pla. Een orgasme is nie al daardie interne konflik werd nie! Bly eerder weg en gaan soek vir jou groener weivelde.

Foto: Shutterstock

Verskillende intensies

Seks met jou eks kan in ʼn gemors ontaard as jy en jou eks verskillende intensies het. Jy wil dit dalk casual hou en jou partner sien dit as ʼn nuwe hoofstuk in julle verhouding, óf andersom. Daar is altyd een party wat net lus is vir ʼn lekker spin op ʼn ou fiets en ʼn partner wat te veel verwag. Indien julle nie vóór die tyd oor julle intensies gesels nie, kan misverstande ontstaan en dit gaan nóg leliker eindig as die eerste keer; hoor my lied.

Dis nie altyd sleg nie

Seks met jou eks kan vir jou closure gee. Jy’t dalk vir gerieflikheidsonthalwe van die average aande vergeet. ʼn Tweede kans kan jou laat besef jy het inderdaad die regte besluit geneem en dit sal jou help om finaal aan te beweeg. Seks met jou eks is ʼn gekompliseerde besigheid. Jy moet, twee (nee, wag) drie keer dink, vóór jy seks met ʼn eks oorweeg. Dis ʼn blik wurms wat jy oopmaak wat nege uit die tien keer op jou gaan boemerang. Dit eindig selde goed!

Proceed with caution, BELLAS!

Back To Top
%d bloggers like this: