skip to Main Content
Pret Plekke Vir Vry!

 Knyp jy die kat in die donker of kafoefel jy in die kar?

Hier is ’n paar plekke waar mense graag plesierig raak. As jou sexy styl stout is, maak net seker julle vermy ’n publieke penarie! BELLA se veilige vry tips vir vreemde plekke:

Foto: Shutterstock

  • Kar-kafoefel. Parkeer slim en onthou tinted vensters vermom mooi.
  • Parkie pret. Swing-soen of -seks is soet maar seksuriteit is belangrik. (Pun intended) 😉
  • Badkamers. ’n Gunsteling publieke plek. Vee eers enige houvas plekke af en was jou hande na die tyd.
  • Aantrekkamer. ’n Wenner – mik vir hokkies met deure eerder as gordyne.
  • Swembad of see. Hoe dieper en donkerder, hoe beter.
  • Strand. Verkieslik verlate en op ’n handoek – sand skuur is seer.

Foto: Shutterstock

  • Kabelkar. Vir die avontuurlustige vryer.
  • Canoe. It’s not the size that counts, but the motion…
  • Mile high club. Gaan versigtig voort – hierdie is risky vir die frisky vryer.
  • Buite jou bed. Kies mooi saam wie jy wat waar doen sodat jy altyd veilig voel.

 

Geskryf deur: Hanica Green

Back To Top
%d bloggers like this: