skip to Main Content
Oefen Jou (seks)spiere

Weens verskeie faktore, verswak ons vaginale en bekkenspiere, wat met ouderdom tot embarrassing probleme kan lei. Begin vandag nog met kegel-oefenige en jy sal die fisiese en orgasmiese vrugte daarvan pluk.

Kegels

Nes jou maag- en armspiere, moet jy jou vaginale spiere gereeld oefen. Die béste manier is daaglikse Kegels. Dit behels dat jy jou vaginaspiere intrek, soos wanneer jy die vloei van jou urine stop, en dan weer, na ongeveer twee sekondes, ontspan. Vir optimale resultate, moet jy dié aksie 10 keer herhaal.

Foto: Shutterstock

Sterk bekkenspiere hou jou organe, soos die uterus, blaas, dunderm en die rektum in plek en swakker spiere sal daartoe lei dat die organe afsak en die werking sal beïnvloed word. Faktore soos swangerskap, ouderdom en gewigstoename veroorsaak veral swak bekkenspiere, wat kan lei tot ʼn lekkende blaas of selfs die passering van onbeheerbare wind. #Embarrassing! Danksy oefeninge kan jy wel die skade teenwerk en dit kan ook jou seksuele ervaring verbeter.

Hulpmiddels

Nes jy gewigte vir liggaamsoefeninge gebruik, is daar gewiggies wat jy vir vaginale oefeninge kan gebruik. Die aanlynsekswinkel, passionfruit.co.za  hou ʼn verskeidenheid Vagina Balls, oftewel Ben-Wa balls aan, wat mens vir kegel-oefeninge kan gebruik.

Foto: passionfruit.co.za

50 Shades of Grey val nie noodwendig in almal se smaak nie, en die blote gedagte van enigiets vreemd binne jou privaatvaatdele, laat dalk jou hare rys, maar LELO wil juis hierdie wanopvatting uitdaag. LELO se LUNA-stimulasiekrale is ontwikkel as ‘n stylvolle en diskrete alternatief tot tradisionele vaginakrale. Die doel van die balletjies is om die binnewand van die vagina te versterk, ten einde inwendige sensasie en gevoeligheid in die vagina te verbeter. Dit beteken beter spierbeheer, verhoogde reaksie op seksuele stimulasie en intense orgasmes om jou eie seksuele plesier te verbeter, sowel as jou partner sʼn.

Foto: Shutterstock

Wanneer die apparaat sagkens ingesit word, sal jy ʼn subtiele sensasie van begewing voel. Ons beveel aan dat ʼn lubricant saam met die krale gebruik, om die beste sensasie te verseker (oorweeg BIOglide 100% biological and vegan lubricant teen R 296.34). ʼn Sekere vlak van higiëne is ook van belang met die gebruik van seksspeelgoed (oorweeg Clean ‘n Safe se Toy Cleaner teen R 296.34).

Besoek passionfruit.co.za vir alle produkte en LELO vir meer inligting oor vaginal beads.

Back To Top
%d bloggers like this: