skip to Main Content
NSFW: Die #Top5 Hotste Hollywood SEX SCENES

Sex scenes is nie beperk tot pornografie nie. Hollywood raak voordurend al hoe waaghalsiger met wat hulle op die silwerdoek vertoon. Ons het ʼn lysie saamgestel van die warmste sex scenes in hoofstroomrolprente.

1. Titanic

Een van die stomendste (letterlik!) sex scenes moet die een wees waar Jack en Kate hulleself nie vir een oomblik langer kan inhou nie. Hulle kies ʼn vintage kar se agtersitplek en die handafdruk in die wasem teen die ruit sal ons vir ewig bybly.

2. The Notebook

Dié fliek is een van meeste se allergunstelinge. Die storie gee ons al die #feels en die sekstoneel bring ʼn tipe katarsis mee as die liefde uiteindelik tussen Noah en Allie seëvier. #AtLast

3. Mr & Mrs Smith

Wat is só lys sonder Brad Pitt se natuurlike sex appeal. Al is Brangelina iets van die verlede, was dit een van Hollywood se grootste scoops toe dié twee begin uitgaan, net na die uitreiking van dié rolprent. Daar word beweer dat die tweetjies, selfs ná die director “Cut!” geskree het, nie kon ophou soen nie. Dít alles terwyl Brad nog ʼn getroude man was, might I add.

4. Gone Girl

Die lyn tussen hot en disturbing is maar ʼn fyn een. Die feit dat die stereotipiese rolle in dié fliek se intieme toneel omgeruil is, skep nogal ʼn ander gevoel by die kyker. Rosamund Pike se karakter se aggressie teenoor die manlike karakter, gespeel deur Neil Patrick Harris, se sagter aanslag, daag dadelik ons vooropgestelde idees oor geslagsrolle uit. Dit gaan egter gou in ʼn suidelike rigting wat jou maag laat draai. #Shocking #Gore
Waarskuwing: Nie vir sensitiewe kykers nie! #SpoilerAlert 

5. Die 50 Shades-trilogie

Die obvious choice! Ons kon egter nie anders as om dit op hierdie lys te noem nie. Hierdie reeks boeke en rolprente is soos olywe, jy is óf mal daaroor, óf jy distansieer jouself volkome daarvan. Daar is egter ʼn derde groep: die closet cases – mense wat jou vertel hulle hou niks van E.L. James se stories nie en dan verslind hulle die boeke agter geslote deur en kyk die flieks skelm… Hierdie een is vir hulle…

Indien jy dink ons het van ʼn belangrike aardskuddende, warm toneel vergeet, laat weet ons gerus by sex@bellamagsa.co.za.

 

Back To Top
%d bloggers like this: