skip to Main Content
“Nie Vanaand Nie Skat”

Is seks ’n oorsprong of ’n oplossing vir kopseer?

Seks het al menige gedaanteverwisselings ondergaan gedurende die laaste paar dekades. Daar was eers ’n slegte stigma rondom seks maar dan is daar deesdae die moderne uitkyk van genot, geluk en gesondheid.

“Nie vanaand nie skat, ek het kopseer” het stadig maar seker verander na “Vanaand skat want ek het kopseer.”

Foto: Shutterstock

’n Studie gedoen deur neuroloë by ’n Universiteit in Duitsland stel voor dat seks gedeeltelik of heeltemal ontslae kan raak van hoofpyn. Die voel-goed endorfiene wat vrygestel word gedurende seks werk as ’n natuurlike pynstiller.

Ongelukkig is daar nog geen vaste bewyse dat dit wel vir almal gaan werk nie en ook die moontlikheid dat seks by sommige mense kopseer kan veroorsaak. Dit is nog nie bewys as die mees betroubare behandeling nie en ook nie vrylik vir almal toeganklik nie.

Maar sal dit nie lekker wees as seks jou kopseerpille se plek in die medisyne rak kan vat nie?

 

Geskryf deur: Hannica Green
Bronne: medicinenet.com, the telegraph.uk

Back To Top
%d bloggers like this: