skip to Main Content
Newe-Effekte Van Ontrouheid

Jy was dalk al die slagoffer óf jy was die sondebok. BELLA verduidelik hoekom cheating traumaties kan wees.

So eenvoudig soos wat dit klink, kan cheating op baie verskillende maniere opgesom word. Dis belangrik dat jy en jou maat vooraf besluit wat julle albei beskou as cheating. Vir een party is ’n soen niks ernstig nie, maar vir die ander is dit ’n definitiewe deal breaker.

1. Cheating tas jou selfbeeld aan

Dis vanselfsprekend dat jy in jouself gaan twyfel indien jou partner op jou gecheat het. Dit kan onherstelbare skade aan jou selfbeeld en menswees doen. Vrae soos: “Is ek goed genoeg?” en “Is daar iets fout met my?”, is maar net ván die vrae wat deur jou kop gaan.

2. Jy verloor vertroue in ander mense

Indien jy die slagoffer was van iemand wat jou verneuk het, sal jy weet hoe moeilik dit kan wees om weer enige iemand anders te vertrou. Dit kan heel moontlik jou toekomstige verhoudinge beïnvloed op ’n negatiewe manier.

3. Dit is gevaarlik vir jou gesondheid

Indien jou partner saam met iemand geslaap het en dan weer met jou seks gehad het, is daar ’n gevaar van seksueel oordraagbare siektes. Dit kan jou nie net emosioneel affekteer nie, maar fisies ook. #BELLA bevel aan dat jy jouself gaan toets vir enige siektes, maak nie saak wat jou partner belowe het nie.

Back To Top
%d bloggers like this: