skip to Main Content
Moet’s En Moenies Voor Jou Boudoir Photoshoot

Noudat jy besluit het om die stap te neem en jou boudoir shoot te boek (well done!), is daar ʼn paar tips en tricks wat sal help dat jy nie net die shoot meer geniet nie, maar ook dat jy jou beste lyk en voel.

  1. Bring ten minste drie outfits
  2. Bring ʼn ligte snack, jy gaan heel waarskynlik honger wees na al die opwinding.
  3. Kom ’n paar minute vroeër sodat jy gemaklik kan raak met die omgewing.
  4. As jy jouself met ’n paar nuwe outfits gaan bederf (en hoekom dan nou nie?) koop dit ten minste ’n week voor die tyd.
  5. Drink baie water vir 12 ure voor jou sessie sodat jou vel natuurlik gloei.
  6. Kleur jou hare, wax en doen jou facial ten minste drie dae voor die tyd. Dit is ook nie nou die tyd om vir daai Hollywood of chemical peel te gaan as jy dit nog nooit probeer het nie.
  7. Bring ’n japon en slippers vir dra tydens breuke.
  8. Moenie die aand voor die tyd uitgaan, gaan kuier en drink nie. Dit sal jou moeg en uitgewas laat lyk en voel en dít kan nie ge-photoshop word nie.
  9. Bly vir ten minste twee weke voor die tyd uit die son, tan lyne is nie sexy nie.
  10. Vertrou jou fotograaf. Sy weet wat sy doen.

Dis 100% normaal om senuweeagtig te voel voor die sessie, maar gee jouself oor aan die proses en geniet elke oomblik. Dit is ’n transformeerende ondervinding en gaan verseker jou selfvertroue ’n reuse hupstoot gee.

 

Back To Top
%d bloggers like this: