skip to Main Content
Lees Vir Beter Seks…

Al ooit gehoor van literotica? Of erotiese prosa? En as jy nou aan Hooglied in die Bybel dink, dit is amper so iets, ja.

Volgens The Journal Of Sex Research het vroue wat erotiese stukke lees 74% meer seks met hulle partners. As jy dalk een van die Liefste BELLAS is wat voel dat erotiese verhale iets is waarin jy jouself nie wil verlustig nie, wil ek jou tog aanmoedig om wel meer te lees oor seks. Gaan soek vir gesonde, feitlike leesstof.

Hier is 4 redes wat jou dalk sal dryf na die boeke:

1. Dit create ’n warm konneksie tussen jou liggaam en jou brein.

Biblioterapie is die akademiese term wat gebruik word om te beskryf wat gebeur tussen jou liggaam en jou brein wanneer jy sexy stories lees. Vir die vroulike brein vat dit slegs 30 tot 45 minute om seksueel opgewek te word wanneer sy erotiese verhale lees. As jy kies om meer feitlike stukke te lees, gee dit steeds vir jou kennis wat jy nie andersins gehad het nie. Ek wed jou jy gaan bietjie meer dink oor seks, nadat jy daaroor gelees het, feitlik óf fantasie!

2. Dit moedig jou aan om dieper in jou verbeelding in te delf vir lekker seks.

As een van jou fantasieë behels dat jy en jou perfekte, gespierde partner seks het in ’n log cabin, op ’n beervel voor die kaggelvuur in Ysland, is daar wel ’n kansie dat jou droom bietjie buite bereik is. Maar erotiese leesstof kan jou dalk inspireer om ’n fantasie te create wat bietjie meer haalbaar is. Gesonde en haalbare fantasieë is beslis voordelig vir jou seksuele verhouding.

Foto: Shutterstock

3. Jy kan jou horisonne verbreed oor wat werk vir beter orgasmes.

Hierdie geld vir erotiese leesstof en doodgewone Google navorsing. In jou erotiese boeke gaan jy ’n kykie kry in die karakters se binnekamer en dit kan dalk vir jou ’n paar nuwe idees gee. Jy kan beslis ook “How to get better orgasms” by jou Google search intik en jy sal vinnig jou antwoord kry.

4. Dit dien as ’n mood booster.

Om oor seks te dink is amper net so lekker soos ’n koue roomys op ’n warm dag. En wannneer jy daaroor lees gaan jy beslis daaroor dink. Probeer dit bietjie wanneer jou libido laag is of wanneer jy in ’n slegte bui is. Maak wél seker dit is gesonde leesstof.

 

Bron: tandfonline.com

Back To Top
%d bloggers like this: