skip to Main Content
Lae Libido: Oorsake En Oplossings

Jy is dalk nie altyd lus vir seks nie, maar daar is ’n ding soos té lae sex drive.

’n Vrou se sex drive fluktueer oor haar lewe. Dit stem gewoonlik ooreen met dinge soos menstruasiesiklusse, swangerskap en menopouse. Oorsake van lae libido kan fisies, hormonaal, sielkundig of verhouding-verwant wees.

Fisiese oorsake:
  • Pynlike seks kan maak dat jou sex drive afneem
  • Hoë bloeddruk, artritis, diabetes en kanker kan libido verlaag
  • Moegheid van siekte of doodgewone lang dae kan ook maak dat jy nie in die mood is nie
Hormonale oorsake:
  • Net voordat jy begin menstrueer is die LH hormoon op sy laagste wat ’n lae sex drive kan veroorsaak
  • Hormonale veranderinge tydens en na swangerskap en borsvoeding kan maak dat jy nie lus is vir seks nie. Dit kan te danke wees aan ’n veranderende liggaam, moegheid en spanning
  • Die voorbehoedpil kan ook met jou natuurlike hormone inmeng en lae libido as gevolg hê
Sielkundige oorsake:
  • Depressie en angstigheid
  • Enige tipe stres en spanning te danke aan werk en finansies
  • Slegte body image
  • Lae selfbeeld
  • Geskiedenis van seksuele mishandeling

Foto: Shutterstock

Verhouding-verwante oorsake:
  • ’n Slegte konneksie met jou seksmaat kan maak dat jy nie wil seks hê nie
  • Onopgeloste konflik
  • Vetrou issues
  • Slegte kommunikasie oor seksuele begeertes en behoeftes
Leefstyl oplossings vir lae libido:
  • Baie medikasies het ’n verlaagde sex drive as newe-effek. Maak seker jy praat met jou dokter hieroor as dit begin inmeng met jou sekslewe
  • Te veel alkohol het ’n slegte uitwerking op jou sex drive, maar ’n glas wyn kan jou dalk in die mood sit
  • ’n Gesonde, gebalanseerde dieet behoort jou libido optimaal te hou
  • Kry genoeg slaap in om moegheid te voorkom
  • Oefen gereeld om jou liggaam se feel-good-hormone vry te laat

Dit is baie belangrik om jou lyf goed te ken en te weet wanneer iets nie normaal is nie. Gewoonlik kan lae libido opgelos word deur klein leefstyl veranderinge te maak. Indien die probleem aanhou is dit dalk ’n goeie idee om met jou GP te gesels.

 

Bron: www.mayoclinic.org

Back To Top
%d bloggers like this: