skip to Main Content
Hoe Lank Is Té Lank?

Jy kort dalk twee keer ’n week ’n rendezvous in die slaapkamer terwyl hy elke tweede dag seks soek.

Dis nie nuwe nuus om te weet dat vrouens en mans se sex drives verskil nie. Maar hoe lank is té lank om te gaan sonder seks?

Jou hormone, gesondheid, werk en verhoudings het alles ’n invloed op hoe gereeld jy seks kan of wil hê. Dis belangrik om te onthou dat dit alles gaan oor balans. Party vrouens sal begin kla na ’n week of twee terwyl ander weer ’n paar maande kan gaan sonder enige action.

Daar is nie ’n reg of verkeerd as dit kom by hoe gereeld jy seks moet hê in jou verhouding nie. ’n Onlangse studie het bewys dat 52% van millennials meer seks wou hê. Dit sluit mans én vrouens in. Dit raak egter moeilik as jy en jou partner mis- matched sex drives het.

Dieselfde studie het bevestig dat 62% van getroude mans meer seks wil hê en 42% van getroude vrouens smag na meer intimitieit. 64% van die deelnemers het egter gesê dat hulle huwelike steeds geweldig gelukkig is.

Die kort en die baie (baie, baie, baie) lank van die storie is dit: Seks is belangrik, maar dis nie die begin en einde van ’n verhouding nie. Dink daaraan as ’n waterbottel met ’n proppie. Die waterbottel en die water binne in, stel jou verhouding en alles wat daarmee gepaard gaan, voor. Die proppie is jou sekslewe. Ja, dis belangrik om die proppie gereeld genoeg op te sit sodat alles nie verdamp nie, maar jy kan steeds die water daar binne geniet – sonder die proppie.

 

Bron: bustle.com

Back To Top
%d bloggers like this: