skip to Main Content
Hoe Compatible Is Jy En Jou Seksmaat?

Om tussen die lakens van dieselfde ding(e) te hou, beteken nie noodwendig dat jy en jou seksmaat compatible is nie. Ander faktore in jul verhouding speel ’n baie groot rol ten opsigte van dit wat in die slaapkamer gebeur.

Dis baie balangrik om met mekaar te praat en te verduidelik wat jy nodig het om goed te voel. Dis dus net so belangrik om te luister na jou maat ook. Baie paartjies wat al jare getroud is, het steeds nie die vrymoedigheid om openlik te praat oor seks nie.

Jou maat moet ook jou enigste fantasie wees. Geen bekendes of vorige seksmaats moet vir jou meer aanloklik wees as jou huidige maat nie. Dis belangrik dat julle mekaar, meer as enige iemand anders begeer. Wanneer jou droomman ook jou seksmaat is, sal jou sekslewe heel moontlik baie goed wees.

Sexually compatible paartjies geniet seks, ten spyte van die eindresulaat. Goeie seks gaan gewoonlik meer oor die reis as die eindbestemming. ’n Goeie seksmaat sal ook nie probeer om jou te verander nie. Julle behoort mekaar te geniet net soos wat julle is.

Dis ook belangrik om te weet dat ’n gesonde emosionele verhouding tot ’n gesonde fisiese verhouding lei. Wanneer julle probleme buite die slaapkamer ervaar sal dit definitief in die slaapkamer ook moeilik gaan.

Laastens is dit ’n goeie idee om seker te maak dat julle seksueel op dieselfde bladsy is. Seksmaats wat dieselfe belangstellings deel en wat min of meer dieselfde ideale en seksuele begeertes het, sal baie meer compatible wees.

 

Back To Top
%d bloggers like this: