skip to Main Content
Het Jy Hierdie 7 Seks-feite Geweet?

Seks is ’n natuurlike ding. Dit kan plesierig, morsig of net eenvoudig vreemd wees. Hier volg 7 seks-feite wat jy nie geweet het nie.

  1. Vrouens se orgasmes duur 3 keer so lank soos mans sin

’n Vrou se orgasme duur ongeveer 20 sekondes terwyl mans slegs 6 sekondes van pure plesier ervaar. Verder kan vrouens ook meervoudige orgasmes hê. Ah! Dis wonderlik om ’n vrou te wees!

  1. Jy kan regtig ’n ou aansit met jou stem

Studies het bewys dat vrouens wat hulle stemme willekeurig kan manipuleer om anders te klink meer aanloklik is vir mans. Vrouens met diep, husky stemme vertoon ekstra sexy.

     3. Post-sex sadness is ’n regte ding

Al ooit gehuil na seks? Selfs goeie seks? Moenie alleen voel nie. Post-coital dysphoria is eintlik baie algemeen en kan te danke wees aan die skielike toeneem van sekere hormone. Dit kan ook gebeur as gevolg van traumatiese seksuele ervarings in jou verlede.

     4. Geheueverlies

Transient global amnesia (tydlike geheueverlies na goeie seks) kan gebeur as gevolg van die strawwe fisiese oefening waardeur jou lyf gaan. Party mense het al volle dae gemis as gevolg van dié vreemde fenomeen. Gelukkig is dit net tydlik en in meeste gevalle kom jou geheue terug na 24-uur.

     5. Die land wat die meeste seks het

Dis seker geen verrassing dat Amerikaanse mense die meeste seks het in die wêreld nie. Volgens opnames het die algemene Amerikaner ongeveer 132 keer seks per jaar. Russe is tweede op die lys met 122 keer per jaar terwyl die algemene Fransman/vrou 121 keer per jaar seks het.

      6. Gesamentlike orgasmes is baie skaars

Om om dieselfde tyd as jou seksmaat ’n orgasme te kry is baie skaars. Flieks mag dit dalk maklik laat lyk, maar studies toon dat enige soort orgasame (gesamentlik of alleen) ’n prestasie op sy eie is.

     7. Hoe groot is die algemene penis?

Al ooit gewonder hoe groot die algemene penis is? 14,15 cm om presies te wees -indien die penis styf is. Daar is egter altyd ’n uitsondering op dié reël, so moenie te opgewonde of teleurgesteld wees nie.

 

BRON: www.health.com

Back To Top
%d bloggers like this: