skip to Main Content
Feisty Feministe: #FreeTheNipple

In die 1960’s het vroue in solidariteit hulle bra’s verbrand vir gelyke geslagsregte en in 2014 het ons gunsteling tomboy, Cara Delevingne, ook haar stem oor die bra dikgemaak.

Die beweging téén die bra het in die 21ste eeu weer momentum gekry met die #FreeTheNipple-veldtog. Ondersteuners meen dat ʼn bra uitsluitlik daar is om ʼn vrou se borste teen haar lyf vas te pen, terwyl dit totaal onnodig is dat vroulike borste enigsins ingevolge sosiale norme bedek moet word. Die doelwit is om vroue toe te laat om hulle borste in ʼn nie-seksuele manier ten toon stel, nes mans. Die feit dat vroulike onblote borste tans as onwettige naaktheid bestempel word, is volgens tepelbevryders blatante genderdiskriminasie. Cara het met haar post teen IG se #NoNippleRule rebelleer. Sy meen: Hoe kan mans se tepels vrylik vertoon word, maar sodra ʼn vroulike gebruiker ʼn foto van haar tepels oplaai, word dit verwyder ingevolge IG se beleid?

View this post on Instagram

@freethenipplelives #freethenipple

A post shared by Cara Delevingne (@caradelevingne) on

Bella Hadid het ook onlangs deel van die #FreeTheNipple-veldtog geword, saam met groot name soos Emily Ratajkowski, Chrissy Teigen, Rihanna en vele ander wat hulle tepels vir IG wys en die reëls uitdaag.

View this post on Instagram

ten points if you can catch me

A post shared by 🦋 (@bellahadid) on

View this post on Instagram

Sneak peek 💦

A post shared by Emily Ratajkowski (@emrata) on

Is daar enige BELLA’s wat hierdie veldtog ondersteun? Laat weet ons deur #LiefsteBELLA te gebruik.

 

Back To Top
%d bloggers like this: