skip to Main Content
Die Voor- En Nadele Van Sexting

Dit het elke meisie oorgekom: Jy begin net lekker gesels met iemand op Whatsapp, en dan kry jy dié boodksap; “Stuur vir my ’n foto van jouself.”

Hy wil definitief nie jou facial features bewonder nie. Jy én hy én BELLA weet presies watter tipe foto hy soek. Hy kon netsowel gesê het “Send nudes!” Slegte nuus altyd eerste. Die grootste gevaar en nadeel van sexting, en die rede hoekom baie mense daarteen gekant is, is die blote feit dat jy op die internet kan beland. As jy nie emosioneel reg is om jou goodies vir die wêreld te wys nie, moenie kaal foto’s stuur nie!

Verder kan daar ook geargumenteer word dat sexting jou meer wulps maak as wat jy eintlik is. ’n Mens is natuurlik brawer agter jou selfoonskerm, maar met sexting kan jy vinnig beloftes maak wat jy nie bereid is om in die regte lewe na te kom nie.

Laastens kan jy gerus wees van die feit dat sexting wél cheating is. As jy in ’n ernstige verhouding is met iemand, kan jy ongelukkig nie met iemand anders sext en steeds onskuldig voel nie. Sexting ís cheating.

Foto: Shutterstock

Moet ons asseblief nie verkeerd verstaan nie. Indien jy in ’n ernstige, langtermyn verhouding is of getroud is, kan sexting maklik jou regte sekslewe aanhits. Vir diegene wat ’n lang-afstand verhouding moet trotseer, kan sexting die lig in ’n lang en donker tonnel wees. Dit kan julle iets interessant gee om oor te gesels en ook die afwagting om mekaar weer te sien, groter maak. Indien jy getroud is, kan ’n stoute boodskap deur die loop van die dag vir jou partner iets gee om na uit te sien. Met sexting kan jy en jou maat ook die waters toets vir regte seks. Jy is dalk nie altyd braaf genoeg om al jou erotiese fantasieë en verwagtinge in die regte lewe te bespreek nie. Toets die waters oor sexting, maar hou ingedagte dat as jy dit oor die foon sê, jy dit nie kan terugvat of omdraai nie. Matigheid voor oë.

Laastens kan sexting vir jou die kreatiewe vryheid gee wat jy nie noodwendig in die slaapkamer het nie. Dink groot. As jy iewers in die Sweedse Alpe in ’n buite-jacuzzi wil rondtuimel is dit nie altyd moontlik hier in Suid-Afrika nie. Oor sexting kan jy jou wildste, weirdste, wulpse drome laat waar word.

Back To Top
%d bloggers like this: