skip to Main Content
Die Onderklere-afdeling Is ʼn Plek Vir Almal

Ek dink die onderwerp wat ek vandag aanraak is iets wat deur alle geslagte gelees kan word.

Hierdie is ʼn onderwerp wat meer na die intieme areas van ʼn persoon neig, naamlik onderklere. Daar is ʼn baie duidelike verskil in die aankoop van mansonderklere teenoor vroueonderklere. Mansonderklere het eerstens nie ʼn besonderse groot afdeling nie. Dit is gewoonlik sommer langs ʼn belt en onder ʼn paar kouse. Die vroueafdeling is egter hierdie misterieuse ruimte wat deur ʼn muur van slaapklere omring is en verseker deur ʼn Feng Shui kundige uiteengesit is. Dit voel ook altyd of daar skoenlappers iewers wegkruip.

Wat wel baie duidelik van die vroueonderklere-afdeling is, is dat daar NOOIT ʼn man daar is nie. Hoekom is dit dat vrouens altyd mans uithelp met onderklere, maar die teenoorgestelde is nie ook ʼn ding nie? Hier is ʼn paar van die punte wat my mansvriende oor hierdie onderwerp geopper het.

Foto: Shutterstock

Hulle voel ongemaklik. As jy lyk of jy te gemaklik in daardie ruimte is gaan ander mense hulle eie afleidings begin maak. Ander voel ook dat hulle vriendin of partner saam wie hulle gaan shop sal oorreageer en hulle aankla van objektivering, asof hulle ʼn skouperd vir hulle fantasieë is.

Die grootste kwessies wat teenwoordig is is oordeel. As ek vra oor wat, is daar nie ʼn reguit antwoord nie, want ek dink nie eers hulle weet oor wat nie. Hoekom voel ʼn vrou in die mansonderklere-afdeling nooit hierdie tipe oordeel nie?

Ah nee ah, vandag daag ek jou uit. Gryp jou partner of vriend en trek die persoon saam na jou onderklere ekspedisies toe. En as jy nou saam ʼn persoon loop en ander mense maak opmerkings, laat hulle goed verstaan dat ʼn onderklere-afdeling ʼn plek van oopheid en vryheid is, NIE vir oordeel nie.

Back To Top
%d bloggers like this: