skip to Main Content
Die A-Z Van (bikini) Waks

Jy moet hare op jou tande hê as jy vir ’n bikini waks gaan, maar wat is die in-ding as dit kom by bikini waks? Gaan vrouens kaal, kort of iets tussen-in?

Hier volg die gewildste bikini-style:

Au Natural

Vir diegene wat verkies om hul Suidelike Halfrond te hou soos wat dit is. Dit beteken egter nie dat jy ’n bos hoef te groei nie. Probeer om alles in toom te hou met ’n elektriese skeermes en wees versigtig as jy met ’n bikini strand toe gaan.

Touch up

Jy is dalk nog nie braaf genoeg vir ’n Brazillian of Hollywood waks nie, maar wil ook nie heeltemal natuurlik wees nie. Die touch-up waks is ideaal vir jou eerste waks. Die touch-up verwyder al die hare wat buite jou panty-lyn sou uitsteek, maar los die res natuurlik.

Landing strip

Net soos die naam beaam, word jou bikini-lyn in ’n runway gewax. Al die hare word van die kante af verwyder, maar los ’n dun strook in die middlel. Die styl is perfek as jy nie heeltemal kaal wil gaan nie, maar steeds hou van ’n gedefinieerde bikini-lyn. Jy kan ook kies hoe presies die landing strip moet lyk – driehoekig, vierkantig, langwerpig).

Hollywood

Gesoute waksers sal hierdie styl goed ken. Na hierdie waks sal jy seepglad en kaal wees. Al die hare (binne en buite) word verwyder. Jy moet bereid wees om in ’n paar ongemaklike posisies te lê terwyl jy gewaks word en #LiefsteBELLA stel voor dat jy nie vir ’n Hollywood waks gaan as jy nog nooit vantevore gewaks het nie. Dis vanselfsprekend dat hoe meer hare jy verwyder, hoe seerder dit gaan wees.  

WENK: Moenie na enige waks gegeurde rome of snaakse poeiers aanwend nie. Moet ook nie te warm bad of stort direk na die waks nie. Gebruik slegs babapoeier om die area droog te hou. Moet ook nie skeer tussen waks-sessies nie; hoe meer gereeld jy waks, hoe minder seer raak dit!

Back To Top
%d bloggers like this: