skip to Main Content
Aphrodisiacs Waarvan Jy Nie Geweet Het Nie!

Jy het dalk al van die Engelse term “Aphrodisiac” gehoor. Maar wat beteken dit, wat doen dit aan ’n mens en waar kan ons meer daarvan kry!?

Die term “Aphrodisiac” kry sy oorsprong uit Griekse mitologie. Die woord is eintlik afkomstig van Aphrodite, die Griekse Godin van liefde. ’n Aphrodisiac kan beskryf word as enige kosse of middels wat jou libido ’n hupstoot gee. Dit kan ook seksuele plesier, stamina en performance verhoog.

Daar is baie verskillende opinies oor die geldigheid van aphrodisiacs en hul effek op die mens. Baie navorsers glo dat dit slegs ’n placebo effek op mense het, terwyl ander navorsers (en ons verkies húlle sentimente hieroor) daarby sweer. Jy weet seker al dat oesters en aarbeie kinky kosse is, maar daar is talle ander soorte kosse wat jou dalk mag verras.

Ginseng

Studies het bewys dat dit libido en seksuele plesier kan aanghelp. Jy kan dit rou eet of in die vorm van tee inneem.

Foto: Shutterstock

Appels

An apple a day keeps low sex drive at bay. In ’n studie wat in 2014 gedoen is, is bewys dat daar ’n korrelasie tussen appels en goeie kwaliteit sekslewe van jonger vrouens was.

Foto: Shutterstock

Saffron

Daar is indrukwekkende bewyse vir saffron se effek op sex drive. Die geskiedenis van saffron as ’n aphrodisiac kan terugdateer word tot by Cleopatra, wat in saffron-melk gebad het.

Foto: Shutterstock

Vye

Vye kan gesien word as ’n seksuele stimulant omdat hulle hoog is in aminosure watseksuele stamina en libido verhoog.

Foto: Shutterstock

Lees hier van nòg kinky kosse wat jy en jou partner gerus kan probeer.

Back To Top
%d bloggers like this: