skip to Main Content
5 Dinge Om Te Vermy Voor Seks

Jy weet seker van ’n 100 tips en truuks wat jy moet doen voor seks om die ervaring lekkerder te maak. Maar daar is ook ’n paar dinge wat jy moet vermy voor seks.

Dit maak nie eintlik saak wat jy doen en nie doen nie, die belangrikste is om by ’n roetine te bly en nie reg voor seks iets vreemd te probeer nie.

1. Moenie skeer nie

Dis dalk uitlokkend om gou jou bikini te wil wax of skeer net voor seks, maar die nagevolge kan drasties wees. Jou vel kan geïrriteerd, sensitief, seer en rooi wees wat die hele ervaring onplesierig kan maak. Gaan eerder harerig en selfversekerd in die ding in as haarloos en lusloos.

Lees: Seks soos in die movies?

2. Moenie te veel eet nie

As jy pikkerig voel voor seks is dit ’n goeie idee om iets te eet, maar wees versigtig om te veel eet. Al ooit gehoor van “magies vol, ogies toe”? Te veel kos kan jou opgeswel, moeg en gasserig laat voel wat glad nie die ideale omstandighede vir seks is nie.

3. Moenie te veel drink nie

’n Glas wyn kan jou dalk in die mood sit, maar te veel alkohol kan jou moeg en lomp maak. Daar is ook bewys dat te veel alkohol jou sex drive kan beïnvloed en selfs kan verhoed dat jy ’n orgasme kry.

4. Moenie onvoorbereid wees nie

Sit bietjie moeite in en wees voorbereid. Kry die lube, kondome en al die ander benodighede vooraf. Moenie wag tot die laaste nippertjie nie. Dit laat jou en jou partner gejaag en deurmekaar voel.

Lees: Sexercise: ’n mite of ’n moet?

5. Moenie antihistamiene drink nie

Antihistamine droog jou neus uit, dink net aan wat dit dan nog kan uitdroog… Baie medikasies kan jou ook lomerig of sleg laat voel so vermy vreemde middels net voor seks.

Back To Top
%d bloggers like this: