skip to Main Content
Seks Na Kinders: Die Hoe, Waar En Wanneer

Breast pads, spoegdoeke en ’n muffin top is nie juis dinge wat skree “goeie sekslewe” nie. Seks ná kinders kan ’n uitdaging wees, maar #BELLA help graag.

Dit is moontlik om steeds ’n sekslewe te hê met kinders en ’n baba in die huis. Dit verg net ’n bietjie meer moeite en baie geduld.

Alleen tyd. Dit klink dalk soos ’n onmoontlike opdrag, maar dis baie belangrik. As julle nie tyd alleen kan vind nie, moet julle probeer om tyd te máák.

Reël ’n oppasser of sit die kinders vroeg in die bed.

Tyd alleen beteken nie noodwendig dat julle gaan lus wees vir seks nie. Beplan dus vooruit. Skeer jou beenhare, maak ’n bottel wyn oop en skuif jou deurdringende moegheid opsy vir ’n uur of twee. Wanneer julle alleen saam kan wees, voel dit dalk soos die perfekte tyd om te praat oor jou kleuter se potty-training, maar dit kan ’n mood killer wees. Vermy alle dag-tot-dag onderwerpe en fokus slegs op mekaar. 

Dis dalk nie altyd moontlik om op ’n naweek wegbreek te gaan nie, so probeer gerus jou omgewing transformeer in ’n ander plek. Bêre die spoegdoeke, breast pads en mamma-panty. Steek ’n paar kerse aan of sit romantiese musiek op. Change is as good as a holiday.

Weet ook dat dit heeltemal normaal is, as jou sekslewe ’n knou vat as jy kinders in die huis het. Jou hormone, ’n tekort aan slaap en spanning kan alles deel vorm van ’n lae sekslus. Die geheim is om steeds te probeer wanneer jy kan. Probeer is, en bly, die beste geweer!

Back To Top
%d bloggers like this: