skip to Main Content
Sό Weet Jy Jou Pa Is ’n Held

Lame dad jokes, ferm frons en  altyd ’n bok vir sports. 

’n Pa is ’n rots. ’n Rolmodel. ’n Vriend. ’n Raadgewer. Vandag vier ons elke Pappa daarbuite. Sό weet jy of jou pa ’n held is. 

  • Hy help jou altyd om probleme op te los. 
  • Alles wat hy doen, doen hy vir sy gesin.
  • Sy kinders is sy trots. 
  • Hy kan soms kwaai en streng wees. 
  • Hy laat jou veilig voel. 
  • Hy leer jou hoe om te hengel, fiets te ry of te swem. 
  • Hy werk baie hard. 
  • Al het hy ’n ferm frons, is hy altyd bereid om met deernis te luister. 
  • Sy kinders se prestasies is sy prestasies. 
  • Hy swoeg en sweet om te verseker dat sy gesin kos op die tafel het. 

Elke pa is anders, wys op ’n ander manier sy liefde en sê op ’n ander manier dat sy kinders vir hom belangrik is. Vier vandag Vadersdag sodat jou pa ook sal weet wat hy vir jou beteken! Maak seker hy voel geliefd en waardeer. 

 

 

Back To Top
%d bloggers like this: