skip to Main Content
Fotograaf: Eye Poetry Photography
Fotograaf: Eye Poetry Photography
Fotograaf: Eye Poetry Photography
Fotograaf: Eye Poetry Photography
Fotograaf: eye Poetry Photography
Fotograaf: Eye Poetry Photography

Russel en Marthanique se spesiale dag het plaasgevind in die middel van die Vrystaat by De Oudekraal Country Estate & Spa. Dié mooi bruid se rok is gemaak deur Stanley Baptiste en haar beste vriendin was ook haar wedding planner!

SY SÊ:

  1. Vertel ons hoe julle ontmoet het.

’n Vriendin het my van Russel vertel en gesê dat sy ons graag aan mekaar wil voorstel. Ek het saam met haar na ’n hokkiewedstryd gaan kyk waarin Russel gespeel het en daarna was ons almal na ’n braai toe. ’n Week later het hy my invite op Facebook en die res is geskiedenis!

Fotograaf: Eye Poetry Photography

  1. Hoekom het julle De Oudekraal as venue gekies?

Ons het lank en hard gesoek na die perfekte venue. Die grootte van die venue het hoofsaaklik ons keuse beïnvloed omdat ons 180 gaste gehad het en ’n venue moes soek wat ook akkomodasie insluit.  

  1. Wat het julle troue spesiaal gemaak?

Dit was vir my baie belangrik dat ek en Russel mekaar glad nie voor die troue sien nie. Ons het mekaar ’n week voor die troue vir die laaste keer gesien wat die troudag ’n verrassende element gegee het. Ek het ook voor die troue vir hom ’n boudoir shoot gedoen waarvan hy nie geweet het nie!

Fotograaf: Eye Poetry Photography

  1. Vertel my meer van jou trourok, trouskoene en juwele.

Ek wou nog altyd ’n GROOT rok gehad het. Ek wou voel soos ’n prinses op my troue. Ek het op Pinterest ’n foto gekry van ’n idee wat ek ingedagte gehad het en dit aan Stanley Baptiste, die designer, geneem. Hy het my droom laat waar word! Ek wou graag something blue gehad het vir my trouskoene en my maid of honour, beste vriendin en wedding coordinator het die skoene in ’n winkel gesien. Ek wou glad nie juwele opsit nie want ek wou al die aandag op die rok hou. Daarom het ek net klein elegante pêrel oorbelle gedra.

  1. Wat was julle troue se tema, kleure en watter blomme het julle gebruik en hoekom?

Die tema was black tie; all black attire. Ons wou van die begin af ’n baie formele troue gehad het. Ons wou graag hê dat ons gaste moet “opdress” omdat ’n mens deesdae so min geleenthede het om mooi aan te trek. Die dekor het bestaan uit greenery met rou hout tafels, goue eetgerei, grys servette en goud en grys kerse.  

Fotograaf: Eye Poetry Photography

  1. Wie het jou gehelp om die groot dag te reël?

My beste vriendin en wedding planner, Denicke Cronje, het my gehelp om my droomdag te laat realiseer. Sy het presies verstaan wat ek wou hê.

  1. Wie het jou hare en grimering gedoen?

Nick van Bella Donna in Bloemfontein het my hare gedoen. Hy het nog altyd my hare gedoen en ek vertrou hom ten volle. Ek het besluit om my lang hare af te sny ’n dag voor die troue. Ons het 30 sentimeter afgesny en aan kanker geskenk. My grimering is deur Amy Olden Burgess gedoen wat een van my baie goeie vriendinne is. Sy is die beste wat daar is! Sy het my beeldskoon laat voel en my baie natuurlik laat lyk en ek was mal daaroor.

HY SÊ:

  1. Vertel ons meer van jou trou-uitrusting.

Omdat ons tema swart was, was die kleur van my pak ’n maklik besluit. Ek het die pak by Eurosuit gekry en my trouskoene was van David Jones se versameling. Behalwe vir my wit onderbroek was alles verder swart!

  1. Wat was jou aandeel in die troubeplanning?

Ek en Marthanique het alles bespreek, maar op die einde van die dag was dit alles haar idees en handewerk!

Fotograaf: eye Poetry Photography

  1. Wat was jou gunsteling oomblik van die dag?

Reg na die seremonie het ons saam na die onthaalsaal gegaan. Ons kon almal se handewerk en die hele dag net inneem. Die “I do’s” was ook nie te sleg nie.

Fotograaf: Eye Poetry Photography

DIE TROUSPAN:

Venue: De Oudekraal Country Estate

Troubeplanner: The Grand Planner, Denicke Cronje

Blomme: Tanja & Denicke Cronje

Dekor: Grand Room Design

Skryfbehoeftes: The Grand Planner

Fotograaf: Eye Poetry Photography

Videograwe: The Geldenhuys

DJ: DJ Magpie

Koek: Carries Cookies & Candy

Vermaak: SWEID Entertainment

Hare: Bella Donna

Grimering: Amy Olden Burgess

Trourok: Stanley Baptiste

Bruidsmeisies se rokke: Bride & Co

Pakke: Bride & Co

Back To Top
%d bloggers like this: