skip to Main Content
’n Harige Waarheid!

Ons hare bly nou maar een onderwerp wat vreeslik werk behels!

Waar ons meer hare wil hê is daar te min, en waar ons minder hare wil hê loop die haartjies soos onkruid uit! Tussen extensions, pluk en wax (om nie eers oor kleur te praat nie) spandeer ons dames ’n redelike porsie van ons tyd en frustrasie aan ons hare. Matteus verklaar dat God selfs die hare op jou kop getel het. Matteus probeer so vir ons verduidelik hoeveel God vir jou omgee en dat God se kennis oor jou so volmaak is dat nie een haartjie van jou kop afval sonder dat Hy daarvan weet nie.

Vreemde feite oor ons hare:

  • Die gemiddelde persoon verloor daagliks vyftig tot ’n honderd hare. (Sjoe!)
  • Ons ooghare bestaan vir twee hoofredes: Hulle beskerm ons oë teen sweet, reën en stof.
  • Ons ooghare speel ’n groot rol in nie-verbale kommunikasie – die uitdrukking van ons woede, hartseer en opgewondenheid.
  • Die hare op ons gesig groei vinniger as al die ander dele van ons liggaam.
  • Ons kan hare op enige plek op ons liggaam groei behalwe op ons lippe, palms en voetsole.
  • Ons hare se oorspronklike doel is om ons temperatuur te reguleer.

Volgende keer as jy in die spieël kyk en nog ’n pikswart haartjie het tussen jou wenkbroue verskyn, glimlag Liefste BELLA. Want nie net, besef ons nou – is daardie haartjies daar geplaas vir ’n rede wat net jou beste vaarwel op die hart dra nie, maar God is bewus van daardie haartjie. In die grootheid van hierdie wêreld, is jy so belangrik vir God. Wie is ons dan om vir onsself te sê dat ons enigiets anders is as ongelooflik kosbaar? Jy beteken die wêreld vir jou Skepper – begin lewe soos sy kosbare skepping!

 

Geskryf: Melanie Jacobs
Foto’s: Shutterstock

Back To Top
%d bloggers like this: